Monday 1 January 2018

Wit Dame van die Brandberg

Ahoy daar! Ons is besig om saam rond te blaai in ou Skeepsjoernale om bietjie nadere navorsing te doen oor wie die blanke Afrikaner in Suid-Afrika nou eintlik is, hoe ons hier gekom het, en waarom daar blykbaar 'n groot, eeue-oue en naspeurbare migrasiepatroon van volke, tale, nasies en stamme (hier spesifiek verwysende na rotstekening in die Brandberg wat verwys na die Wit Dame) op die aarde bestaan. Ek het myself afgevra of die Portugese en toe later Janneman van Riebeeck eerste aan die Kaap was? Die punt wat ek interessantheidshalwe probeer deel, is dat daar 'n baie lang lyn van migrasiepatrone, bloedlyne en kulture sedert "Adam" bestaan, en dat daar vir diegene onder ons met 'n Bybelse Lewensuitkyk 'n bestaansreg, oorlewingsreg en bestaandoel is, wat ons as  verantwoordelike (hoewel tans ernstig versuimende) Afrikaner rentmeesternasie en 'n  Klein Kudde in SA, na mening nie uit die oog behoort te verloor nie. Ek blaai solank verder in Skeepsjoernale uit vergange se dae, sodat ons beter kan begryp waarom Afrikanerselfbeskikking nie onderhandelbaar kan wees nie. Tot volgende keer!



No comments:

Post a Comment