Saturday 17 December 2022

Geestelikheid en Feestelikheid

 

Ahoy daar gelowige vriende! Dis weer vakansieseisoen en vanoggend gesels ek met Kaptein Van Hunks hier op die kaai langs ons skepe so oor al die feestelikhede saam met die geestelikhede. Nee, reken van Hunks, sy vriend die Duiwel daar op Duiwelspiek waar hulle saam pyprook meen die Christene is lekker verward. Ons weet glo nie meer wat is in die Bybel en wat is menslike en heidense  tradisies nie. Alles is glo al goed vermeng op pad na die wereldse "Millennium" met een godsdiensgees wat so ietsie van alles daarin vervat het om almal geestelik gelukkig te hou. Die Duiwel erken glo egter dat meeste mense eintlik in die geheim Christen is, want laataand as die winkels toemaak op 24 Desember jaarliks, sing almal saam. Jood, Griek, Portugeus, Mohammedaan, Hindu, Boer en Afrikaner "Wat 'n vriend het ons in Jesus" as hulle daardie kasregisters leegmaak na rekord vakansieseisoen verkope! Wat staan in die Bybel?

 



Monday 28 November 2022

Die Tien Gebooie

 

 

Ahoy daar mede-sondaars! Toe ek baie klein was, was daar 'n fliek oor Moses en die Tien Gebooie! Nou onlangs verstaan ek daar is 'n nuwe stel van tien gebooie wat glo by die Berg Sinai in Egipte afgegee sou word om die klimaat en die aarde te help red van ons sondige mense wat so lekker leef en o.a. te veel warm lug vrystel, - veral hier in SA waar almal baie praat maar ons nie tot orde kom nie! (Dis nou buiten die feit dat my navorsing aandui dat die Berg Sinai eintlik in Saudie Arabie is! Die Apostel Paulus was ook eers bietjie soontoe.) Ek vermy deesdae om met Kaptein Van Hunks oor kerksake te gesels, want hy vertel dat die Duiwel 'n heel ander prentjie met hom deel. So hoor ek vanoggend dat politici, sommige kerkleiers en die Duiwel glo almal om dieselfde vuur sit as hulle gesels oor die gif "jab", oorlogmaak, nuwe gebooie, ekonomiese ontwrigting, die bevordering van vreemde gedragspatrone en oor hoe om liegstories aan hulle kiesers of gemeentes op te dis! Heel fasinerend as dit net nie oor die jare soveel slegte gevolge gehad het nie! Nou wonder ek regtig waar leer politici al hulle booshede?



Tuesday 25 October 2022

Moeilikheid met Medisyne

 

Ahoy daar olikes! Vanoggend loop ek weer vir Kaptein Van Hunks hier op die kaai langs my skip raak. Albei van ons hoop dat daar 'n daadwerklike ekonomiese ommeswaai kan plaasvind. Nee, reken Van Hunks, medisyne is nou 'n wapen teen die mensdom. Dit maak jou of siek of dood, terwyl die hele mediese industrie glo geldmaak. Die duiwel daar op Duiwelspiek waar Van Hunks en die Duiwel pyprook, meen glo dat die hele mediese veld lankal buite die eed van genesing handel. Enkele medici wat eties probeer handel word uitgewerk! Intussen is mediese dienste in SA in baie gevalle totaal onvoldoende, indien nie oneties nie. Maar wie gee om? Het die mediese "wetenskap" 'n wapen teen die mensdom geword? Kyk net na die groeiende en skreiende nagevolge van die "jab"! Verstommend aanvaar meeste mense maar die status quo terwyl kerk en politici toekyk?




Thursday 29 September 2022

Tiranne

 

Ahoy daar verdrukdes in Suid Afrika! Terwyl my vragskip besig is om langs die kaai te sink in die Kaapstadse Hawe (en ek en Kaptein van Hunks is inderdaad bly ons is nie in die Durbanse hawe nie!) a.g.v. gebrek aan onderhoudskundigheid in SA, swak hawebestuur en die verlies aan handeldrywende besigheidsgeleenthede sedert Maart 2020 in SA en internasionaal, praat ek en 'n Jesuite priester na wie Van Hunks my verwys het, gister so oor die nuwe tirannie wat algmeen voorkom in nasionale en wereld regering! Die Vatikaan en die Pous is glo druk besig, 24/7 365. Nou om een of ander rede slaag die Christendom, - en veral die Kerk, - glad nie daarin om groeiende onreg met geregtigheid te ewenaar en te oorkom nie? Die Magdeberg Belydenis en die "Doctrine of Lesser Magistrates" beteken skynbaar vir meeste "besorgdes" of Gereformeerdes net mooi niks of bitter min. Omdat ons dus nie tot eendrag en gedesentraliseerde regering van geregtigheid kom nie, word ons almal se skade al groter soos wat tirannie ongekend toeneem. Wanneer dan sal die Kerk besin en die Volle Wapenrusting teen regering in alle vorme van ongeregtigheid opneem? Is 'n enkele Christen stryder soos pastor Matt Trewhella in die VSA die enigste een tussen 2,5 biljoen Christene reg oor die wereld, - of het die APK en 'n paar ander in SA so iets saggies en bangerig gefluister? Die indruk is dat ons verdeelde apatie die oorsaak van ons almal se eie skade is hier in en om SA!



Wednesday 14 September 2022

Die 6de Anneksasie


Ahoy daar almal wat in die duister gehou word! Eskom hou ons in die duister en dik vies, terwyl huishoudings, besighede en die ekonomie swaarkry. Glo met goeie redes. Is dit swak vooruitskouing, swak onderhoud, swak bestuur, swak regering, nat steenkool, ou kragstasies, veeleisende burgers, sabotasie, agendas of deel van Cecil John Rhodes se planne vir 'n Nuwe Wereld Orde? Dit lyk asof daar moontlik 'n 6de Anneksasie van SA sou kon plaasvind teen 2024. Dit is nou as 1795, 1806, 1910, 1961 en 1994 inaggeneem word en kon die Kaap uitsluit as sesessie plaasvind of anders verloop as minderhede die verantwoordelikheid vir selfbeskikking in afgewentelde rentmeesterskap verantwoordelikheid opneem. Kan SAners tot hul bestaansreg kom sonder groter en gedesentraliseerde selfbestuur, of is dit vir almal beter om aan die Kroon en 'n Nuwe Gemenebes van Nasies onderworpe te wees? Het kolonialisme en Rule Britannia werklik al tot 'n einde gekom, of is die ANC die beste antwoord op almal se verwagting? Wat het van die Boere-Afrikaners en die Boere Republieke geword? Ek en kaptein Van Hunks kon glad nie vanoggend 'n werkbare bestaansreg bestuurskonsensus formuleer nie, - en dit kos baie geld om skepe se kragopwekkers, met genoeg kapasiteit om 'n voorstad van ligte te voorsien, aanmekaar te laat hardloop omdat daar kort-kort nie elektirese kragvoorsiening aan wal beskikbaar is nie!



Sunday 21 August 2022

Slegte vrugte


Ahoy daar Christen vriende! Vroegdag kry ek vir Kaptein van Hunks op die kaai langs sy skip wat ook al begin roes daar in die Kaapse Hawe. Hy drink koffie, glo met 'n knertsie? Ons praat oor wanneer daar 'n internasionale grenspos by die Oranjerivier gaan wees, - soos Zim se splinternuwe en mooi grenspos by Beitbrug. Van Hunks vra my toe of ek dink die kerk is regtig beter as die losie? Ek meen toe ek ken net die kerk, maar dat ek bekommerd is want wat die kerke ookal leer sedert Konstantyn, het getroue lidmate al swakker gelaat. Die Christendom kon nie die Covid plandemie onderskei of effektief teenwerk nie. Die skade is gedoen. Selfs terwyl ons hier kommunikeer, gaan die onreg van Nuwe Ordes onverpoos en ongehinderd voort op talle terreine en vlakke terwyl Christene bloot gerieflik Christelik wil wees! Wanneer gaan die Kerk en Christene tot die Volle Evangelie en werke van geregtigheid kom, - terwyl brandstof en voedselpryse styg, misdaad en anargie toeneem, die ekonomie nie tot almal se voordeel strek nie en daar nou 'n plandemie teen die landbou sigbaar is? 



Tuesday 9 August 2022

Sit 'n tier in jou kas!


Ahoy daar landsgenote! Tydens ontbyt in die Kaapstad se hawe vanoggend praat ek met Kaptein Van Hunks. Hy het weer straf gerook saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek. Ek wonder of Van Hunks en die Duiwel dieselfde twak rook? Nietemin, - daar is glo nou nie Jungle Oats vir pap in die winkel nie? Glo iets met die Tiger Brand fabrieke en logistiek te doen, Daar is al in Junie vanjaar berig van 4 500 werksgeleenthede wat in gedrang is by Tiger Brands, - wat nog van SA se winkelrakke en jou en my spens? Dit het seker niks te doen met "Great Reset" voedselmanipulasie en internasionale eienaars soos Black Rock nie? Verstommend hoe voedselproduksie in die VSA skynbaar gesaboteur word en beeste net vrek? Hier in sonnige SA is almal glo darem nog houtgerus of in ontkenning. Dan het die hawe se kafeteria ook nou werklik baie duur geword! Mens wonder waar gaan alles eindig? Ons hou maar duim vas en hoop maar vir die beste. Alles sal darem seker van self regkom?



Monday 18 July 2022

Waarheen nou?

 

Ahoy daar tandlose vriende! Die tyd stap aan en dit gaan slegter met meeste van ons. Dit lyk asof almal in leierskapsposisies hulle status misbruik om na hulself om te sien en die burgers van regte en middele te stroop? Die son skyn helder in hulle lewens. Gister gesels ek weer met Van Hunks. Ons skepe is nou al vir meer as twee jaar langs die kaai vasgemaak sonder vrag of handelsgeleenthede en die onderhoudslas kos geld. Erger nog is van die swaar industrie wat skeepsherstelwerk doen nie meer in SA beskikbaar nie! Brandstof en kragvoorsiening blyk onstabiel te wees en geldmarkte is onder druk saam met die bankwese en geldstelsels. Dit klink nie asof daar enig werklike planne of effektiewe samewerking is om weer orde en vooruitgang tot op grondvlak in SA te herstel nie? Almal is skynbaar doodtevrede met die omvang van die onreg?



Tuesday 28 June 2022

Tyd om te besluit!

 

Ahoy daar onderdruktes! Hier op die kaai in die Kaapse hawe langs my skip wat moet uit met vrag, vragbriewe, kredietnotas, agente en inspekteurs sit ek en kaptein Van Hunks nou en wonder wat gaan in SA en wereldwyd aan? Dis darem maar 'n deurmekaarspul. Niks werk reg nie? Besigheid is te stil? Die hawe is swak onderhou. Hooggeplaasdes lyk of klink altyd baie belangrik maar lyk ook nie regtig meer of hulle in beheer is nie? Van Hunks reken na vanoggend se pyprooksessie op Duiwelspiek dat die Duiwel oortuig is dat die "Great Reset" goed op dreef is en dat die gemiddelde burger en besigheidsman se kop nou so goed gesmokkel is dat ongeregtighede onverhinderd en ruimskoots plaasvind. Kragonerbrekings word nou skynbaar ook maar aanvaar alhoewel die ekonomie en besighede daagliks  verder skade ly. Ons kinders gaan nou ge"jab" word terwyl vuisvoos ouers maar toegee. Die Kerk se patetiese fluisterings en geloof sonder werke maak geen daadwerklike verskil nie!? Wat staan die regverdiges dan te doen hier aan die sonnige Suidpunt van Afrika?



Thursday 23 June 2022

Kul jou hier en kul jou daar!

 

Ahoy daar medebegogeldes! Skierlik, - sommer oornag, - verdwyn die onderduimse Covid regulasies, maskers en grensregulasies in SA! Wonderlik! Maar kyk ons nie die voortgesette manipulasies, "jabs" vir kinders en ander NWO aanmars tegnieke mis nie? My vriend Van Hunks het weer vanoggend saam met die Duiwel gaan pyprook, en Van Hunks reken die Duiwel is eintlik heel nice, soos politici. Ons het niks om oor bekommerd te wees m.b.t 5 keer vinniger (G) wi-fi met "Big Brother" loerbroeragendas nie. Dit hou glo net voodele in,-  soos Covid "jabs"!



Sunday 29 May 2022

Handel in menslike organe


 Ahoy daar besigheidsmense in en om SA. Gesonde besigheid en industrie is besig om agter 'n waasige gordyn van aanvegbaarhede te verdwyn. Kom ons kyk bv. na staalsmelterye en groot staalwerke. Waar is dit heen? Hoe gaan onderhoud gedoen word aan groot staastrukture en skepe? Maar baie erger, as mens na dinge rondom ons kyk met 'n Christelike benadering, is die groeiende handel in menslike organe! Meer videos is besig om op te duik wat wys hoe mense in hospitale doodgemaak word en hoe hulle organe ge-oes word. China en minder gegoede lande is bekende sondebokke in hierdie verband. Dit lyk asof die al ryker-wordende elite en roofdierstate net glad nie meer skroom om die res van die mensdom uit te wis nie. Christene en die kerke blyk nie regtig enige verskil aan hierdie verval in moraliteit, etiek en geregtigheid te maak nie? Is dit waaroor die Vierde Industrieele Revolusie eintlik gaan? Brutale korrupsie!



Tuesday 17 May 2022

Besigheid sonder morele kompas!


 Ahoy daar slawehandelaars! Vanoggend meen Van Hunks na sy pyprooksessie saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek, ons sal nou dringend 'n beter plan moet maak om vrag te kry vir ons skepe. Hy reken die Duiwel dui aan dat meeste regerings nou uitermate korrup is en dat sogenaamde ekonomiese ontwikkeling op hierdie stadium net gaan oor die "Great Reset" en die monopolie van korporasies, - selfs betreffende die pers! Maar daar is glo baie betalende besigheid. Slaweskepe en mense handelsnetwerke is glo 'n globale ekonomie wat die elite bedien. Vroue en kinders is glo gewild, maar mans ook en tot 26 000 000 mense word per jaar verhandel vir werk, seks, eksperimente, moderne slawerny en privaat gebruik. Onwettige immigrasie, verdowingsmiddels en vervalsde handelsmerke is glo ook gewilde besigheidslyne deesdae. Is daar nog iets soos eerlike besigheid? Suid-Afrika is darem seker nie skuldig aan sulke wanpraktyd nie? Of is ons ...



Friday 22 April 2022

Daar by die Klub


 Ahoy daar lede! Lyk my ons is almal lede van een of ander "lekker gevoel" klub. Gistraand besluit Van Hunks en ek ons gaan bietjie uit, want ons is moeg gewag vir die hol beloftes oor ekonomiese oplewing en vrag vir ons skepe. Van Hunks hou van die "Beach Club" of geen eet by die Losie, - en ek hou van die "Kerk Klub". Dis lekker want almal klop mekaar op die rug, skiet die ander klubs af of gesels om die hoekie, terwyl niks van al die groeiende onreg rondom ons almal tot verbetering verander nie. Die klubs se bestuur en hoofkantore in Hollywood en die Vatikaan is tevrede want hulle maak baie geld! Alles sal glo regkom. Maar nou weet ek nie vanoggend so mooi nie? Jan van Riebeeck het in 1652 hier aan die Kaap aangekom, net hier anderkant naby die Kasteel de Goede Hoop, - maar ten spyte van soveel jare se ondervinding en opbou geleentheid weet ek nie of die klubs regtig help nie? Moet ons nie ons tyd, talente en ledegeld anders aanwend nie?



Friday 15 April 2022

Water op die Longe

 

Ahoy daar Oorblyfsels en Soekers na Waarheid! Vroegdag-al gesels ek met my skeepskapteinkennis, Van Hunks. Hy het glo jare terug al a.g.v. sy baie strawwe pyprookgewoonte saam met die Duiwel op Tafelberg, 'n vark se longe by 'n groot hospitaal in Kaapstad gekry waar hulle harte oorplant, - hoewel die hart wat jy kry glo nie noodwendig 'n hart vir Christus is nie. Meeste beskikbare harte in SA is blykbaar nou baie korrup, maar breinoorplantings sou nog meer probleme gegee het, meen ek. Van Hunks deel my mee dat ten spyte van nuwe longe het hy baie gesukkel om oor Covid-19 te kom. Glo iets met die roker se diafragma te doen. Nietemin, ons praat toe so oor soeke na waarheid, maar waarheid is nie 'n onderwerp waaroor Van Hunks graag gesels daar op die kaai van die hawe nie. Ek wonder toe wat doen mense met die waarheid as hulle die waarheid ontdek? Van Hunks vertel dat die Duiwel glo baie bly lag oor die "jab". Glo iets met slange en gif te doen, en met Christene sonder die skoene van bereidwilligheid wat nou nie op die slang se kop kan of wil trap nie? Ek dink nog dis beter op die groot waters van die oseane en verre horisonne met handeldryfgeleenthede. Om 'n skip in die hawe te hou dien geen doel nie. Groete aan al die landrotte.Passop net, - groot slange eet rotte!



Sunday 20 March 2022

Aan die brand vir 2030


 Ahoy daar verwardes! Vanoggend vertel my ou skeepskaptein vriend Jan van Hunks vir my die duiwel lag glo vir Christene wat baie deurmekaar is oor waarom die aarde aan die brand is en alles so deurmekaar is. Van Hunks en die Duiwel reken die tradisionele Christen Weste is nou heeltemal oorheers deur die bose planne van die Edomiete of die Geldmag of so iets. Die Joodjies en Israel, met Amerika en Engeland agterna,  het glo 'n slinkse plan wat lankal rondom en teen Rusland uitspeel en baie volkere verdruk. Nou waar en hoe wil Christene in Suid-Afrika in geregtigheid geposisioneer staan teen 2030? Almal maak oral skuiwe en neem posisies in, terwyl strategiese Suid-Afrika uitmekaar val en daar min daadwerklike en oortuigende tekens is van ekonomiese herstel! Is daar ware Christene met visie in Suid-Afrika?


 


Sunday 13 March 2022

Wie se speletjie is dit hierdie?

 

Ahoy daar goedgelowiges! Nou hoor ek by Van Hunks wat vanoggend weer 'n pyp gerook het saam met die Duiwel, dat ons ou skeepskapteins nie vrag gaan kry om te verhandel as ons nie ge"jab" is nie. Van Hunks vertel my hy rook miskien straf, maar hy steek nie. Hy meen hy hou glad nie van inspuitings nie, wat nog van gifinspuitings met meer as 1 000 gepubliseerde newe effekte! Ons wou skeepsvrag Rusland-toe gevat het en dan sommer koring uit die Ukraine saamgebring het. Dit is glo nou problematies met 'n groot propaganda oorlog daar om die "Great Reset" te help bewimpel. Nou hoop ons twee maar dat al die wedywerende landbou unies in en om SA voedselsekerheid in die hand het!



Saturday 26 February 2022

Van die wal af in die sloot


 Ahoy daar lusteloses! Hoewel ek die twak gelos het sit ek noudiedag  weer met my vriend Van Hunks en gesels. Ons hou mos van gesels, al vergaan alles rondom ons. Van Hunks rook nog sy pyp gereeld saam met die duiwel daar op Duiwelspiek in die skadu van ou Tafelberg en die Kaap van Storms waar goede hoop glo nog effens flikker. Nou vertel Van Hunks ons gaan nog lank wag vir vrag en klaring voordat ons weer gaan seil en handeldryf. Die duiwel voorspel glo nog swaar tye want die Christene is nou heeltemal in 'n ontkennende koma terwyl werkers van doelgerigde ongeregtighede onverhinderd kwaad doen. Helfte van die Christene is glo nou al vol gif ingespuit en die res drentel lusteloos en rigtingloos rond! Die duiwel vertel glo dat die Plandemie baie goed gewerk het maar dat daar tog weerstand was wat nou die volgende fase vir nuwe ordes noodsaak. Die goeie nuus is dat naas die media se opstokery om 'n WW III te ontketen d.m.v dieselfde oorweldigende propagandategnieke en denkelose goedgelowiges wat die Plandemie bevorder het, sal "womens lib" en "equality" darem nou maak dat vrouens die oorlog as kanonvoer sal voer terwyl mans rondsit en kinders ontvoer, verhandel  of gemolesteer word. Nou ja, - hoe het ons tot hier gestagneer?


 


Saturday 5 February 2022

Wet van die See en Wet van Transvaal


 Ahoy daar, landsburgers! Hier in my kajuit op die skip langs die kaai in die Kaapse hawe kyk ek nou so deur my boekrak. Skeepvaart, Internasionale Handel en Maritieme Reg is net so goed uitgespel as enige wette op land. Daar is talle regulasies vir veiligheid ter see, die opleiding van seelui, besoedeling, skeepseienaarskap, skeepshuur, eienaarskap van vrag en goedere, die vlag waaronder skepe geregistreer is, briewe van krediet en oorbetalings, veiligheid teen seerowery, navigasiestandaarde, haweregulasies, loodse en sleepbote, seemanskap en die vaarreels van die see asook passasiers en vraghantering. Maar aan wal lyk dit my is dit 'n heel ander saak. Dit is asof daar 'n totale wetteloosheid en goddeloosheid heers sodra jy by die hawe se hekke uitry! Almal, goot of klein, oud of jonk, moet nou glo een of ander onbeproefde gifinspuiting met aanvegbare of selfs fatale newe effekte kry voor jy mag eet, slaap, speel, koop, werk of reis - talle wette t.o.v. menseregte ten spyt! Erger nog, almal aan wal is skynbaar heel tevrede met die absurde toestand van sake want protes word dikwels geignoreer of gaan nie oor in tasbare of verskilmakende teenaksie nie? Argumente van ongeregtigheid oorrompel geregtigheid loshande. Werklik verstommend! 



Saturday 15 January 2022

Die Groen Paspoort

 

Ahoy daar geprikkelde vriende in SA! My besigheidsvriend en skeepskaptein Van Hunks rook weer sy pyp saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek. Ek stap toe maar so al pynsende oor ekonomiese sake en Groen Paspoorte al langs die kaai daar in die Kaapse hawe aan Mouille Point strand se kant. Daar kry ek toe 'n meermin. Na tradisionele Afrikanerhoflikhede vra ek haar wat sy dink van Groen Paspoorte vir reis en besigheid, want myne is blou. Sy glimlag toe net skalks voor sy onder die seewater verdwyn ...


 

 


Saturday 1 January 2022

Ekonomiese inisiatief in 2022!

 

Ahoy daar Nuwejaarsvriende! Die Van Hunks, - ou korrelkop seekaptein wat kan pyprook soos 'n stoomskip se skoorsteen, - meen ons moet net wag tot die ekonomie optel. Ek verskil. My voorstel is dat nugter- en vooruitdenkendes vanjaar erns moet maak met ekonomiese inisiatiewe en ekonomiese herposisionering, - wat ander nou ook al volgens hulle agendas doen of nie doen nie! Ek verduidelik vanoggend so onder die skadu van Ou Tafelberg vir Van Hunks dat kushandel aan die Weskus van Afrika moontlik is deur Banana aan die mond van die Kongorivier, verby tot by Matadi, dan per pad en spoor na Kinshasa en deur tot by Kisangani. Van daar per pad na Dar es Salaam. Klink my vriend Van Hunks is nog bietjie ouderwets en wil eerder wag vir beter dae. Is dit nou hoe ons gaan vordering maak deur 2022?