Sunday 31 December 2017

Geskiedenis van Seevaart

Dit is gaaf om te weet dat Jan van Riebeeck vanuit Holland, internasionale besigheidsbelange aan die Kaap van Storms kom vestig het. As Seevaarder vra ek dan ook, wie was die Hollandse seevaarders? Waar het hulle vandaan gekom? Wat is die geskiedenis van volke, tale, nasies en stamme wie se migrasiepatrone deur die antieke geskiedenis en navorsing rondom gebruike, tradisies, antropologiese ontleding, taal, handel, oorlog en oorlogskuns, seevaart, monumente en godsdienstradisies waaronder aanbiddingsterreine, klipstapels en sonnaalde, bepaal kan word? Ancient Maritime History by Wikipedia is al 'n seevaart navorsingsbeginpunt, maar onvolledig. Wat voorlopig van waarde kan wees vir ons Afrikaners, is dat die Hollanders en die Anglo Saksers vanuit wie se geledere ons onder andere afstam, deur die Germane teruggespeur kan word uiteindelik tot by Assiriƫ en Mesopotamiƫ, waar die seuns van Abraham, Isak en Jakob in ballingskap was, voordat hulle wyd en suid, - moontlik eers deur Oos Europa, - begin migreer het oor die eeue. Jan van Riebeeck (en die Portugese) voor hom, was nie die eerste seevaarders wie by Suid en Suidelike Afrika aangedoen het nie. Rotstekeninge dui op Finisiese besoekers eeue gelede. Maar wie was die Finisiese seevaarders? In volgende aflewerings trek ons die Afrikaner in SA se "lyne" verder deur die seevaartgeskiedenis, uiteindelik vanaf die Kaap van Storms (later hernoem tot die Kaap de Goede Hoop) tot oor die Drakensberge en deur Bloedrivier. Hou hierdie blog gerus dop deur 2018!


Lank, lank gelede ...

(Grafieka: Internet - met erkenning aan Niel van Vuuren by Volksblad)

Die storie begin lank, lank gelede. Kaptein Jan van die Oos Indiese Kompanjie was toe eerste uit Europa vir besigheid in die Kaap. Die Kaap van Storms was woes en leeg. Daar was toe nog nie groentetuine, 'n landbou unie of grondgrype nie. Die gees van die Koi-San het daar oor die strand gesweef. In sentraal Afrika was daar woelinge onder die inboorlinge. Rule Britannia se informante onder die Strandlopers het sake fyn dopgehou. Hierdie is 'n vervolgverhaal van epiese proporsies, uit my Skeepsjoernaal. Moet dit nie misloop nie!