Tuesday 6 February 2024

Dek die tafel voor ons teenstaanders

 

Ahoy daar Volksgenote! Terwyl die kritiese gemors rondom ons as oud Europese Christen Boere- en Afrikaner mensegroep  hier aan die strategiese suidpunt van Afrika daagliks al groter word, bly ons verstommend onverskillig, verdeeld en onverrigtersake rondom ons eie voortbestaansregvoortsetting. Net gister praat ek met Kaptein Van Hunks hier op die kaai van die Kaapse Hawe, waar swak regering en verval in dienstelewering ook daagliks sigbaar is. Daar buite wag vragskepe ten duurste om vrag te kom aflaai of oplaai. Van Hunks rook mos pyp saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek, en reken dat ons glad nie bekommerd moet wees nie. Alles sal regkom in 'n goddelose of selfs Satanaanbiddende multi-kulturele eenheidstaat Nuwe Suid Afrika! Dit kan tog nie die waarheid wees nie! Na mening is ons mense se beste kans op Godvresende bestaansregvoortsetting afhanklik van 'n "stewige tafel" waarvan die vier bene bestaande uit Afrikaners, Boervolk, eie politiek en eie kerk hul posisies, verantwoordelikheid en bydrae handhaaf en hou met een volksgemeenskaplike selfbeskikkende fokus tusen ander volke, tale, nasies en stamme. Om onverskillig, verdeeld en apaties-onverrigtersake voort te ploeter kan tog geen volhoubare en verskansende bestaansregmeganisme skep en instandhou nie. Hierdie stewige tafel konsep, as illustrasie of model is krities nodig as ons hierdie stewige tafel voor die aangesig van Nuwe Ordes en Anrichris teenstaanders gedek wil sien. Op so 'n tafel kan ons mense as families saam eet, huisgodsdiens hou, die kinders kosgee en huiwerk laat doen, en nagmaal gehou word. Daarsonder gaan ons aanhou wankel en onbekostigbare verliese te ly en kan ons nie 'n standvastige en samehorige, stigtelike bydrae onderling, in SA en in Afrika maak nie!