Saturday 6 April 2019

Die Westerse Beskawing in Suid-Afrika



Ahoy daar, vriende van die Westerse Christelike beskawing, Ons het nou saam gekyk hoe die Westerse beskawing deur die grondwerk van Europese ontdekkingsreisigers gemigreer en uitgekring het. Vandag, so met die blaai deur skeepsjoenale deur die eeue, gedagtig aan die Kruisvaarte en die ywer vir visie en waarheid (die Woord is waarheid), dink ek ook aan die skeepskapteins, skeepsoffisiere en seemanne, maar ook die inwoners van soveel lande op aarde. Hier om die Kaap van Storms, later genoem die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika het ook ‘n beskawing tot stand gekom in 1652. Ywerige mense. Mense met visie vanuit Europa. Jan van Riebeeck met die 5 seilskepe Die Goede Hoop, Drommedaris, Die Rijger, Walvis en Olifant arriveer in die onontwikkelde “Kaapstad” op 6 en 7 April 1652.  Tog lyk dit asof die waagmoed wat die groot ruimtes, die natuur, barbare en uitdagings getrotseer het in die beskawingsgroei in Suid-Afrika, iewers verswelg geraak het. Dit blyk nie meer so maklik te wees om ontdekkingsreisigers, Voortrekkers en deurbraak-pioeniers te wees te midde van Nuwe Ordes en verdrukking nie. Waar moet daar weer na visie en waarheid vir bestaansreg, bestaandoel en vrugte wat hou gaan soek word? By die deur van die Troonkamer soos beskryf in Openbaring 4:1-2?