Saturday 21 December 2019

Kyk, - daar gaan 2019 ook verby!


Amen daar kerkvriende klink miskien beter as ahoy daar Christene? Met 2019 wat nou vinnig besig is om deel van die geskiedenis te word, vra talle hulself af wat se vrug daar op die jaar se verrigtinge in en om die kerke was? Kan ons, ons hande in onskuld was? Is die versoening nie reeds volbring sodat ons almal in wedergeboorte en norme van geregtigheid kan en moet handel nie? Het die Christelike gemeenskap daarin geslaag om 'n oortuigende verskil te maak op alle vlakke en terreine van ons gemeenskappe, - of gaan dit slegter en meer immoreel as ooit? Dan hoop ons in Suid-Afrika om baie beter te kan doen in 2020, - al het ons aan die einde van 2018 ook so welmenend (as klinkende simbale) gepraat oor 2019 ...


Saturday 6 April 2019

Die Westerse Beskawing in Suid-Afrika



Ahoy daar, vriende van die Westerse Christelike beskawing, Ons het nou saam gekyk hoe die Westerse beskawing deur die grondwerk van Europese ontdekkingsreisigers gemigreer en uitgekring het. Vandag, so met die blaai deur skeepsjoenale deur die eeue, gedagtig aan die Kruisvaarte en die ywer vir visie en waarheid (die Woord is waarheid), dink ek ook aan die skeepskapteins, skeepsoffisiere en seemanne, maar ook die inwoners van soveel lande op aarde. Hier om die Kaap van Storms, later genoem die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika het ook ‘n beskawing tot stand gekom in 1652. Ywerige mense. Mense met visie vanuit Europa. Jan van Riebeeck met die 5 seilskepe Die Goede Hoop, Drommedaris, Die Rijger, Walvis en Olifant arriveer in die onontwikkelde “Kaapstad” op 6 en 7 April 1652.  Tog lyk dit asof die waagmoed wat die groot ruimtes, die natuur, barbare en uitdagings getrotseer het in die beskawingsgroei in Suid-Afrika, iewers verswelg geraak het. Dit blyk nie meer so maklik te wees om ontdekkingsreisigers, Voortrekkers en deurbraak-pioeniers te wees te midde van Nuwe Ordes en verdrukking nie. Waar moet daar weer na visie en waarheid vir bestaansreg, bestaandoel en vrugte wat hou gaan soek word? By die deur van die Troonkamer soos beskryf in Openbaring 4:1-2?


Saturday 9 March 2019

Kaptein George Vancouver (1757 - 1798)


Ahoy daar pioeniers en voorlopers! Hierdie reeks uit die skeepsjoernale en argiewe van seevaarders en ontdekkingsreisigers rond nou af met die werke van Kaptein George Vancouver, wie hoewel van Britse herkoms, ook in Noord Amerika erken en gedenk word. George Vancouver het sy Vlootopleiding as Adelbors saam met Kaptein James Cook begin, en later self (o.a. weer met die seilskip HMS Discovery) ontdekkings en opvolg opmetings in Australie, Brits Colombia en die Weskus van Noord Amerika gekarteer. Dit is interessant dat baie seevaarders van formaat uit die stal van Groot Britanje gekom het, hoewel Spanje en Portugal baie vroeg in die geskiedenis ontdekkingsreise onderneem het. Sonder die geskiedenis van seevaart, sou Westerse Christen kolonies nie tot stand gekom het nie. Die vraag is altyd, wat moet nou nog ontdek of verbeter word ... of kan ons nou almal lekker terugsit en net ontspan waar ons is?


Saturday 2 March 2019

Kaptein James Cook (1728 - 1779)


Ahoy daar vindingryke Volksgenote! James Cook was 'n man met gesonde ambisie en dryfkrag sedert 'n jong ouderdom. Hy het sy seevaart loopbaan in die handelsvloot begin en is toe na die Britse Vloot (Royal Navy). Hy het drie ontdekkings en opmetingsseereise onderneem, en sy werk is goed aangeteken. Dit is betreurenswaardig dat Kaptein James Cook vermoor is tydens 'n onderonsie met inboorlinge oor 'n skeepsboot wat verdwyn het. Kaptein Cook laat sy werk na, maar geen kinders of kleinkinders nie. Kaptein James Cook is nog voorbeeld van ywerige mense wie se persoonlike dryfkrag baie gedoen gekry het wat vir die nageslag van groot waarde was en is.


Sunday 17 February 2019

John Smith (1580-1631)


Ahoy daar Volkspioeniers! In die skeepsjoernale vind ons ene Kaptein John Smith. Oud soldaat, aangetrek deur die uitdaging van ontdekkingsreise. Hy vaar met drie skepe, die Discovery, Susan Constant en die Godspeed en vestig Jamestown. John Smith doen baie pioenierswerk in Noord America. Rooihuide neem vir John Smith gevange maar die stamkaptein se dogter Pocahontas pleit vir sy vrylating. Hy is hoog aangeskrewe as 'n Amerikaanse volkstryder. Jammer dat daar in Suid-Afrika tans nie meer oortuigende en samehorige volksstryders vir die behoud van die Westerse Christelike beskawing is nie.


Friday 1 February 2019

Francis Drake (1540 -1596)


Ahoy daar seerowers! Sir Francis Drake was 'n veelsydige matroos en seevaarder. Van seerower tot vloot offisier, slawe handelaar tot ontdekkingsreisiger. Die Engelse Kwien was tevrede met sy werk en het hom tot ridder geslaan. Nou wonder ek of entrepreurskap en plundery dan meer beteken as integriteit? Nie dat iets verander het as ons vandag rondom ons kyk nie! Nietemin het Francis Drake en sy skip die Golden Hind bygedra tot die kleurryke seevaargeskiedenis en al die kennis wat ons vandag instaatstel om soveel dinge op aarde te kan doen.


Saturday 19 January 2019

Amerigo Vespucci (1454 - 1512)


Ahoy daar studente van die geskiedenis! Amerigo Vespucci was ook nie 'n man wat rondgesit het en net praatjies gemaak het nie. Hy was 'n Italianer, 'n Westerling uit die rentmeestervolke, wie dele van Noord-Amerika verken het en om Suid-Amerika geseil het. Die Italiaanse Vloot het 'n opleidingseilskip wat vernoem is na Amerigo Verspucci. Soos wat dikwels gebeur is sy ontdekkingsreise nie in daardie tyd na volle waarde geskat nie. Skat ons God se plan met ons as Westerlinge in Suid-Afrika vandag en elke dag van genoeg verantwoordelike rentmeesterskap waarde?




Saturday 12 January 2019

Ferdinand Magellan (1450 - 1521)


Ahoy daar pioeniers en ontdekkingsreisigers in die 21ste Eeu! Ek hou daarvan om te lees oor Ferdinand Maggelaan, veral omrede hy die Straat van Magellaan ontdek en genavigeer het aan die suidpunt van Suid Amerika. Self het ek dit aanboord van die BE ESMERALDA bevaar. Dit is effens korter en effens veiliger as die "Drake Passage" om Kaap Hoorn. Ferdinand Magellaan, 'n Portugeus van durfmoed en daad, bekend vir sy navigasievaardighede. Kan die Boere van vandag, ook histories bekend vir waagmoed, deurbreek tot nuwe dinge wat sal hou? Hou koers!


Sunday 6 January 2019

John Cabot (1450 - 1499)


Ahoy daar seevaart-entusiaste! So blaaiende deur die skeepsjoernale is daar nog 'n ontdekkingsreisiger, genaamd John Cabot, 'n Italianer wie vir die Engelse gekontrakteer het. Hy het gemeen dat daar 'n korter roete vanaf Europa na die Ooste is, maar het toe o.a. vir Kanada ontdek. Soos al gemeld is van die ywerige ontdekkingsreisigers aangevuur deur die landwaartse verkenningsvoorbeeld en inspirasie van Marco Polo. Wat staan ons deesdae prakties te doen om ook verkenners en baanbrekers te wees? Wat is hier rondom ons wat ongedaan gelaat word of nog nooit behoorlik aangespreek is nie? Vat voor!


Tuesday 1 January 2019

Chrisjan Columbus (1451 - 1506)


Ahoy daar ontdekkingsreisigers en baanbrekers! Dis Nuwejaar 2019, en ons kyk nog in die antieke skeepsjoernale na die groot seevaarders wat die Nuwe reld en Westerse beskawing voorgegaan het. Christopher Columbus van Spanje vaar om 'n roete na  Indië te ontdek, en ontdek die (nou) Bahamas, sentraal en Suid Amerikas in 1492. Dit het baie bygedra om internasionale handel uit te brei. Daar is teenkanting teen Columbus omdat hy na bewering baie van Amerika se inboorlinge verdring het. Ontdekkingsreisigers en die wie hulle geborg het, het dikwels onder moeilike omstandighede, politieke druk en publieke besware vordering gemaak. Tog, as dit nie vir hulle was nie ... Watter uitdagings wag op ons in 2019?