Wednesday 25 July 2018

Voorwaarts!


Ahoy daar Volksstryders in hierdie beloofde land! Hier volg Skeepsjoernaalinskrywing nr. 13 370 sedert 6 April 1652, in die Drommedaris se Joernaal. Die Drommedaris, die seilship waarme Jan van Riebeeck na die Kaap van Storms (later genoem die Kaap de Goede Hoop) gekom het, is later terug Nederland-toe. Hernándes Cortés het sy seilskepe na die aankoms in Mexico afgetakel. Daar blyk ‘n vreesbevange ongelowigheid onder ons mense pos te vat, asof ons nie met sorg en vooruitgang tot in die Ou Transvaal gelei is nie? In plaas daarvan dat ons saam voorwaarts beplan aan die toekoms wag sommiges vir die wegraping. Ander wag vir die Wederkoms, of vir ‘n beter multi-kulturele eenheidstaatregering onder Nuwe Ordes in Suid-Afrika. Ander wag vir die hulp vanuit Duitsland. Nog ander wag vir die lugbrug na Rusland, Australië, Hongarye … Ander verwag ‘n magiese Suidland en het reeds begin pak om bates, geboortereg, grondgebied en besitreg prys te gee in die hande van werkers van ongeregtighede. Is ons nie 'n Volk, voor die hele mensdom vry nie? Daar is een pad, en dit is vorentoe, - saam! Voorwaarts – Christen stryders!


Monday 23 July 2018

Lig


Ahoy daar in die donker skadus van Afrika! Daar word gemeen dat in die land van die blindes is eenoog koning! Op die sewe oseane in vanmelewe se seevaartdae was die liggewende hemelligame wel gebruik vir navigasie in die dag en in die nag. Hoe lyk dit met ons sig hier in sonnige Suid-Afrika? Hier is glo diep gelowige Christene en 'n Geloftevolk onder al die kulture van hierdie mooi land. By watter lig (of die kragversaffer in SA se krag nou aan of af is) kyk, lees, leer en leef die wie as rentmeesters hierheen gelei is? In die Voortrekkermonument is daar 'n interessante uitbeelding van die draak se vuur wat met fakkels uitgedra word. Is dit dieselfde fakkels wat op soveel van ons trotse embleme pryk? Is dit dieselfde vals en beperkde lig van die sogenaamde Verligtes? Is ons op die regte pad, met die regte lig, om reg te skyn in en om SA? Watter lig word deur leiers in hierdie land nagevolg en voorgehou, - of loop ons mense blindelings agter vals dwaalligte aan tot selfvernietiging?


Bouwerke



Ahoy daar, vriende van Die Stem! Mooi strofes in die ou Volkslied, - soos om te handhaaf en te hou, en dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly. Ek onthou van seereise rondom Suid-Amerika, dat Chile ‘n gewelde ontwikkelingspad sedert die vroë 80s beleef het, en dinge is nie sit-sit-so, hetsy in die kerkbanke, sport paweljoene, TV gemakstoele, op die strand of in bloot skyn-belangrike politieke gestoeltes, bereik nie! Nou sien ek in die Groot Seevaart en Pelgims Handboek dat Nehemia, met die heropbou van gevalle mure en administrasie ten goede van die mense aan sy toesig in opdrag soos geroep toevertrou,  nie eers ‘n politieke party of nuwe kergenootskap gestig het nie. Nehemia het gewerk saam met die Koninkryksperspektief vir Volk en Kerk in die Raadsplan van die Lewende God. Meen iemand hier in die verbygaan op die kaai met die golwe en die wind wat waai, wynbottel in die hand, dat als tevergeefs is. Kan tog nie wees nie. Die Verbondskinders, verspreid soos ons is, moet tog in elke generasie begeesterd en in geregtigheid handhaaf en hou soos en waar geposisioneerd, - sodat die aardse en Koninkrykserwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly …



Saturday 21 July 2018

Volke in eie reg


Ahoy daar versugtendes! Die geskiedenis maak baie draaie, met ops en afs, suksesse en verliese, goeie besluite en duur lesse. Was daar al ander volke en nasies wie baie hard moes werk om in eie reg tot stand te kon kom? Die Iere het 'n lang geskiedenis van onderdrukking, hongersnood, slawerny en volksherlewing. Wat moet die Afrikanervolk met soveel versuim en verdeelthede onderling, spoedig doen om te kan staan en te presteer in Suid-Afrika, Afrika en die internasionale gemeenskap?


Unieke Volk


Ahoy daar, Geloftevolk! Seereise verleen blootstelling aan talle volke, tale, nasies en stamme. Sommige volkere is meer konserwatief, ander meer liberaal. Party mensegroepe is meer hoflik en ander meer kortaf in hulle kultuur. Somige kulture bou op en ander kulture vernietig. Maar wat dan, is 'n Godsvolk? Almal wil graag uitverkorenes en verbondskinders wees. Die Kerk meen sy is Israel en dan is daar voortgesette navorsing oor wat van die 12 Stamme van Israel geword het. Die boom word aan sy vrugte geken. Is al die bevolkingsgroepe in Suid-Afrika godvresend en vrugdraend? Hoe het die kerke ons geleer sedert 1652? Watter geloofsbenaderings staan die sterkste in Suid-Afrika? Is baie van ons grootgemaak met 'n protesterende Rooms Katolieke fondasie of met die fondasies van ou Israel? Wat is "die Geloftevolk" in SA se aanspraak en vrugte? Gaan diep-geestelike versugtinge in SA tot niet, of dien dit as die katalisator vir groter dinge?


Friday 20 July 2018

Selfstandigheid en Vennootskappe


Ahoy daar verarmende Volksgenote! Terwyl ons armoede ons inhaal en ons nog bietjie hande vou om uit te rus of te wag vir beter dae, sedert 1994, herhinder ek my aan die waarde van Unies en Alliansies wat met die regte vennote vir die regte redes al sedert die Bybel se tye gesluit is. Hoe lank gaan dit neem vir die Geloftevolk oorblyfsel in Suid-Afrika om tot verantwoordelike rentmeesterskap, selfregering en handelsvennote te kom?




Wednesday 18 July 2018

Is daar iets te leer by Koning David?


Ahoy daar Voortrekkernasate! So op besoek aan Haifa, Jerusalem en Berg Karmel, sien ek baie gedenkwaardighede uit ou Israel. Nou verstaan ek nie as mense meen hulle is fisiese Israel of geestelike Israel, maar die norme van Israel beteken vir hulle niks? Of eenvoudiger gestel, Christenskap, of Bybelse leierskapsvoorbeelde en standaarde is nie deel van die leef en denkwyse, of die resultate rondom ons, nie. Dit lyk asof "leierskap" deesdae een of ander status is, met byvoordele, - maar dit gaan duidelik lankal nie meer daaroor om die gemeente of die gemeenskap en die volk as kudde te versorg nie. "Lord it over the people" lees ek iewers. (Daar is heelwat leestyd op die seereise.) Koning David van ouds het blykbaar goed gelei in die stryd (as ek nou lees van Goliat wat sy mense bedreig en getart het) en in die administrasie van die volk. Psalm 78 vers 72 dui aan: "En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande." In Spreuke 8 vers 15 en 16 word geskryf van wette van geregtigheid, en in Spreuke 11 van die gebrek aan leiding wat 'n nasie laat struikel. 'n Rebelse volk het baie leiers, meen Spreuke 28:2, en die regverdiges (leiers en volgelinge, elkeen soos geroep en toegerus) sal skyn soos die son meen ons Verlosser in Mat 13 vers 43. Maar nou ja, ek is maar 'n leke prediker ... soms op ver plekke. Mag dit wel wees met ons mense as ons ten volle gehoorsaam en prakties Skriftuurlik handel.


Tuesday 17 July 2018

Christen Leierskap


Ahoy daar burgers en boere! Ek was bietjie weg op die see om ver lande te verken. Nou dat ek terug is aan wal let ek dat dit deurmekaar gaan in hierdie landstreke. Ek is op soek na die Boervolk se leier? Die een met kennis, insigte, wysheid, durf en moed! Die een wat lankal vertel van 'n Volkstaat ... Maar tog, op die grond lyk die mense verward, benoud, onge-organiseerd, rigtingloos, leidingloos?