Friday 5 January 2018

Beangste of Begeesterde Afrikanervolk in SA?

Ahoy daar Boere, Burgers en Afrikaner Volksrigters! Ons het nou vlugtig sover op hierdie blog gekyk na die verspreiding en posisionering van volke, tale, nasies en stamme. Ek sou beskeie wou aanvoer dat elkeen in hulle seisoen, leeftyd en era 'n bydrae het in die groter samelewing, welke rentmeestrskapplig en taak  soms versuim en soms met welslae gemanifesteer het. Die Koninkryk op aarde kon kom, - soos in die hemel, - insoverre daar gehoorsame individuele, korporatiewe en vennootskap rentmeesterskap was en is. Waar staan die blanke Afrikaner dan vandag as rentmeestervolk in Suid-Afrika? Beangst (weens verdelende en ontmagtigende misleidings veral vanuit kerk en politiek) of begeesterd (op doelgerigde waarheidsinsigte en geloofsfondasies)? Op pad waarheen? Hoe? Wanneer? Wat is ons perspektief en ons visie, - ons Koninkryksvrug as 'n Geloftevolk? Wat dink u, mede Afrikaner en Volksgenoot, so vroeg in 2018?





No comments:

Post a Comment