Thursday 26 March 2020

Die Duiwel is in die Details!


Ahoy daar, wêreldburgers! Na die vryheid van die Kontinent van Afrika, die tavernas van die sewe seë, Antarktika se oop ruimtes … nou dit! Lock down! ‘n Virus … glo in ons liggame, in die lug, op die oppervlaktes, in ons rekenaars en in die politiek. Dis l.g. wat my ernstig pla! Die duiwels in die detail van wat ‘n polities-gedrewe pandemie skyn te wees? Dit is tog ‘n uiters-ernstige ontneming van menseregte, persoonlike regte en ekonomiese groeistimulus om so ‘n internasionale toesluitmaatreël aan te kondig en met brutalitiet te handhaaf oor die gewone en dikwels skynbaar verwarde burgers. Geen beweging? Geen kritiese vrae? Geen fotos? Geen vriende? Geen gesonde menslike nabyheid of fisies-nabye gemeenskap van die Gelowiges? Wie verskaf ‘n onafhanklie en toesighoudende oudit oor die pandemie se kommunikasie, syfers, statistiek, “feite” en manipulerende angst?