Saturday 22 December 2018

Vasco da Gama (1460 -1524)


Ahoy daar geskiedenisliefhebbers! Vasco da Gama het Portugal op die map gesit. Ons praat nie hier van leunstoelsitters of kantlyn-toeskouers nie. Hierdie man en sy skepe, moontlik ge-inspireer deur mense soos Marco Polo, was "doen" mense. Vasco verken die Weskus en die Ooskus van Afrika, en bereik Indië op 20 Mei 1498 nadat hy o.a. in SA by Mosselbaai aangedoen het! Dankie Vasco! Dis manne soos jy wat ander na jou aangemoedig het om ook die Kaap van Storms en Suid Afrika op die map te sit.



Tuesday 11 December 2018

Bartlomeus Dias (1451 - 1500)


Ahoy daar Nuwe Suid-Afrikaners! Ons vergeet soms die harde werk, visie en opoffering van die wie ons vooruitgaan, en op wie se werk ons verder kon bou (of skynbaar dikwels nalaat om te bou) hier in sonnige Suid-Afrika. Bartlomeus Dias was 'n seevaarder wie nie veel erkenning ontvang het nie. Tog het hy langs die weskus van Afrika af geseil en om die Kaap de Goede Hoop wat na oorlewering deur hom self so genoem is. Vandag, amper aan die einde van 2018, mors ons lekker met ons erfporsie en ons bestaandoel hier in Suid-Afrika!


Saturday 1 December 2018

Die Apostel Paulus se Seereise


Ahoy daar Christen Stryders! Ons het nou al bietjie gekyk wat daar te leer is oor goeie bestuur, oor Suid-Afrika, oor die Afrikaners in Suid-Afrika, oor Afrikaner politiek, oor bygelowigheid en nou wil ek bietjie seereisstories vertel. Stories oor geskiedkundige seereise. Ons begin deur te kyk na die Apostel Paulus soos beskryf in die Christen Bybel en toegelig deur geskiedenis. Paulus (Saul) het die Lig van waarheid en oordeel gesien terwyl hy met sy eie oortuigings besig was op reis op die Damaskuspad. Die skille van misleiding en mistasting het toe van sy oë afgeval daar in Reguistraat, destyds. Hierna het Paulus vier sendingreise onderneem. Hoewel Christene verskil oor Paulus se rol, het hy meer gedoen om die Goeie Nuus te verkondig en verantwoordelikheid daarvoor te neem, as meeste ander. Paulus se reis na Rome is baie bekend, omrede hy skipbreuk gely het!


Sunday 18 November 2018

Treurspel


Ahoy daar burgers, boere en bure! Ek lees nou weer oor die Titanic. Reuse skip, modern, - een van drie nuwe passasiersskepe wat in die Harland & Wolf skeepswerf in Belfast, Ierland gebou is. In 1909 begin die bouwerk aan die Titanic en in 1912 word sy te water gelaat. Dit laat my egter dink aan die Nuwe Suid-Afrika van 1994. Trots, uniek, beste Grondwet op die hele aarde. 'n Nuwe demokratiese bestel wat net die beste vir elke "passasier" sal bied. Beter vir almal! Toe, op 15 April 1912, sink die onsinkbare Titanic! Bots of skraap hard teen 'n ysberg. Wat 'n dramatiese treurspel! Nou teen 2018, sink die Nuwe SA. Bots teen 'n Rots. Wat 'n dramatiese treurspel!


Sunday 4 November 2018

Eiland Paradys!



Ahoy daar Braaiburgers! Braaiburgers is blanke Afrikaners wat hou van braai. Lekker wors, biefstuk, sosaties, vis of hoender oor die kole buite,  - of braai soos paddatjies in die multi-kulturele sosio-politieke kookpot van die Nuwe Suid-Afrika eenheidstaatgemors! Miskien, - so hoor ek by 'n braaivleisvuur met snoek en appelkooskonfyt en 'n kreefpotjie saam met potbrood, - gaan al die ander kulture eendag in die see verdwyn en dan regeer ons weer ... Nou weet ek nie. Ek is 'n matroos wat hou van die see en nuwe dinge op nuwe horisonne. Miskien moet die blanke Afrikaners nou maar self 'n verantwoordelike en volhoubare plan maak. Ek kyk so op die seekaarte. Honshu Eiland is naastenby so groot soos die Ou Transvaal. Miskien eendag op die Boere-eiland, of die Boere Provinsie? Wie weet?


Saturday 20 October 2018

Tevrede Passasiers


Ahoy daar mede-passasiers van die SAS Nuwe Suid-Afrika! Wat maak die luukse passasierskip ondervinding iets om te onthou? Dis bekostigbaar, veilig, luuks, instand gehou, seevaardig, voldoen aan nasionale en internasionale regulasies, netjies, goed beman en goed bestuur. Waarde vir geld! Is dit die geval met die Nuwe Suid-Afrika? Kry ons veiligheid, goeie bestuur en waarde vir ons belastingegeld? Is die Nuwe SA 'n goeie ondervinding waaroor ons poskaarte huis-toe stuur? Indien nie - wat staan ons te doen?




Wednesday 10 October 2018

Altyd Gereed!


Ahoy daar, stryders van durf en daad! Het jy geweet dat as daar 'n brand aanboord skip uitbreek, is daar talle faktore en aksies ter sprake. Eerstens dat jy nie kan wegharloop nie, maar dat almal aanboord die regte prosedure volgens die nodige opleiding en metodes moet toepas, anders sink almal saam! Daar waar jy nou is, is daar altyd die nodigheid om bedag en bekwaam te wees m.b.t. noodsituasies. Wees ten alle tye voorbereid!


Saturday 22 September 2018

Bergingswerk


Ahoy daar Sleepbootkapteins en Drenkelinge! Hoe sink die "skip" die Nuwe Suid-Afrika daar? Bergingswerk is spesialiswerk. Vir baie jare sedert die 1970s was die eertydse sterkste Oseaan-vaardige sleepbote die Wolraad Woltemade (in Skotland gebou) en die John Ross (in SA gebou) op hulle pos vir nood bergingswerk om die Suid-Afrikaanse kus. Die sleepboot, bemanning en kontrakte vir bergingswerk moet in plek wees. Dit is gespesialiseerde operasies, - dikwels in gevaarlik-ontstuimige en stormagtige toestande! Watter "sleepboot" en watter "bemanning" kan die sinkende SA red, met watse kontrak? Maar bergingswerk sal moet plaasvind, verseker!


Friday 14 September 2018

Net 'n skeepswrak




Ahoy daar seevaarders en landrotte! Skepe word histories gebou om bo op die water te vaar, op koers. Selfs in rowwe see is baie skepe gebou om te hou. Tog loop dinge verkeerd met enjins, die weer, die navigasie of agterlosigheid. Die Suid-Afrikaanse kuslyn is besaai met tot soveel as 2 000 skeepswrakke. Nou lyk dit asof die hele Suid-Afrika op die rotse afstuur en eersdaags net 'n wrak sal wees. Soos wat rotte en matrose 'n sinkende skip verlaat, so verlaat talle die sinkende Nuwe Suid-Afrika. Wat het verkeerd gegaan? Wat kan gedoen word? Kan die "SAS Suid-Afrika" nog d.m.v. bergingsoperasies beredder word?


Wednesday 5 September 2018

Die Koning


Ahoy-daar godsdienstige vriende! Het julle geweet dat matrose (by)gelowig is. Op meeste handelsskepe en vloot skepe word die "Crossing the Line" seremonies gehandhaaf. Dit lyf matrose en offisiere in by die tradisies, rituele en magsrealm van Neptunis Rex (Poseidon), om hulle beskerming op die magtige see te verseker. Self het ek seker ses sulke sertifikate ontvang, ook waar daar oor die keerkringe, die internasionale datumlyn en die poolsirkel (Antarktika) gevaar is. Waar laat hierdie heidense gebruike die behoudende Christen? Is dit beter om sulke ooreenkomste te vernietig en af te sweer, of is dit reg dat ons kerke, samelewing en harte vol is van gebruike en tradisies wat nie met die Skrif versoenbaar is nie? Hoe tas dit ons Bybelse lewensbeskouing en die vrugte van ons denke en hande aan?


Thursday 16 August 2018

Muitery en Rebellie


Ahoy daar patriotte! Nou mag dit van waarde wees om te let op die aard van muitery soos destyds op HMAV Bounty of rebellie soos bv. deur Die Rooms Katolieke kerk bejeen na die Hervorming en die Protestantisme. Vriende, u kan sien dat 'n saak reg moet staan en regsgeldig ontleed moet kan word as daar gestry word vir hervorming. Ons kan dit nie half, ondeurdag, onverrigtersake-uitgerek of onverskillig doen nie. As 'n nuwe "eilandstaat" die begeerte sou wees, dan moet eendrag, samewerking, leierskap en volledige deeglikheid op elke tersaaklike terrein die wagwoode wees!


Wednesday 15 August 2018

Oorwinning



Ahoy daar styders van die goeie stryd! Besef ons die oorsprong, identiteit, waarde en die doel van die Westerse beskawing? HMS Victory vertel 'n verhaal van die behoud van die Westerse beskawing. Die lewe gaan oor meer as asemhaal en eet, werk-toe-gaan en kerk-toe gaan. Die lewe moet doelgerig geleef word, nie net in oorlewing en eie genot of wins nie, maar ook in oorwinning en voortbestaan van volke, tale, nasies en stamme. Wat is ons banier van oorwinning?


Friday 10 August 2018

Maak die Verskil



Ahoy daar Verskilmakers! Is JY 'n verskilmaker? Ek lees by die "Afrikaans is Lekker" blad die volgende bydrae oor vasberadenheid, met erkenning: "Die Vlieënde Hollander is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n stormwind gesweer dat hy om die Kaap die Goeie Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende vertel dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo al deur baie seevaarders gesien, insluitende Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het die Vlieënde Hollander as tema vir een van sy operas gebruik." Is ons so vasberade soos kaptein Henderik van der Decken, - in ons geval om selfbehoudend op te tree? Gaan ons toekomsgeskiedenis so aangrypend en inspirerend wees dat 'n nageslag 'n opera of blyspel daaroor sal wil skryf?






Sunday 5 August 2018

Saamwerk!



Ahoy daar leiers van formaat! Ek blaai so terug in joernale tot by 1981. Op afgedeelde diens aanboord van die Chileense missiel frigat, die PFG Lynch, het ons deelgeneem aan gesamentlike Vloot oefeninge saam met skepe van die VSA se Sesde en Sewende Vlote. Hoewel elke skip sy eie Kaptein en opgeleide, gedissiplineerde bemanning het, moet daar ter wille van die gesamentlike doelwit en effektiewe medewerking, met kundigheid tewerk gegaan word in die groter konvooi. Sonder die samewerking van elke Kaptein (leier) en skeepsbemanning, kan die groter doelwit nooit bereik word nie, - maak nou nie saak hoe "goed" of eksklusief belangrik die individu, enkele benadering of sub-groep is of wil wees nie.


Saturday 4 August 2018

Ingryping



Ahoy daar rentmeesters! Ek verstaan hier in Suid-Afrika is ons nou sterk op pad na kommunisme en die ontneming van belastingpligtige burgers se besitreg, terwyl meeste maar net toekyk en hoop vir beter dae. Daar is al baie geskryf en gedoen rondom ingryping. God gryp in met die sonderval van Adam en Eva. Die Engel wat 185 000 vyande van Israel verslaan. Die Toring van Babel. Die mensdom gryp in om kinders wat in 'n grot vasgekeer is te red, of om myners in Chile te red, of drenkelinge op 'n sinkende skip te red. Daar is daagliks ingrypings op talle terreine. Wat gebeur as daar nie ingegryp word nie? Wie moet ingryp? Wat daarvan as daar te vroeg, te laat of glad nie ingegryp word nie? Kan ingryping 'n beter toekoms bewerkstellig? Rentmeesterskap verg bestuur en leierskap. Beide l.g. gesagsvelde verg soms dat daar verantwoordelik ingegryp moet word.


Wednesday 25 July 2018

Voorwaarts!


Ahoy daar Volksstryders in hierdie beloofde land! Hier volg Skeepsjoernaalinskrywing nr. 13 370 sedert 6 April 1652, in die Drommedaris se Joernaal. Die Drommedaris, die seilship waarme Jan van Riebeeck na die Kaap van Storms (later genoem die Kaap de Goede Hoop) gekom het, is later terug Nederland-toe. Hernándes Cortés het sy seilskepe na die aankoms in Mexico afgetakel. Daar blyk ‘n vreesbevange ongelowigheid onder ons mense pos te vat, asof ons nie met sorg en vooruitgang tot in die Ou Transvaal gelei is nie? In plaas daarvan dat ons saam voorwaarts beplan aan die toekoms wag sommiges vir die wegraping. Ander wag vir die Wederkoms, of vir ‘n beter multi-kulturele eenheidstaatregering onder Nuwe Ordes in Suid-Afrika. Ander wag vir die hulp vanuit Duitsland. Nog ander wag vir die lugbrug na Rusland, Australië, Hongarye … Ander verwag ‘n magiese Suidland en het reeds begin pak om bates, geboortereg, grondgebied en besitreg prys te gee in die hande van werkers van ongeregtighede. Is ons nie 'n Volk, voor die hele mensdom vry nie? Daar is een pad, en dit is vorentoe, - saam! Voorwaarts – Christen stryders!


Monday 23 July 2018

Lig


Ahoy daar in die donker skadus van Afrika! Daar word gemeen dat in die land van die blindes is eenoog koning! Op die sewe oseane in vanmelewe se seevaartdae was die liggewende hemelligame wel gebruik vir navigasie in die dag en in die nag. Hoe lyk dit met ons sig hier in sonnige Suid-Afrika? Hier is glo diep gelowige Christene en 'n Geloftevolk onder al die kulture van hierdie mooi land. By watter lig (of die kragversaffer in SA se krag nou aan of af is) kyk, lees, leer en leef die wie as rentmeesters hierheen gelei is? In die Voortrekkermonument is daar 'n interessante uitbeelding van die draak se vuur wat met fakkels uitgedra word. Is dit dieselfde fakkels wat op soveel van ons trotse embleme pryk? Is dit dieselfde vals en beperkde lig van die sogenaamde Verligtes? Is ons op die regte pad, met die regte lig, om reg te skyn in en om SA? Watter lig word deur leiers in hierdie land nagevolg en voorgehou, - of loop ons mense blindelings agter vals dwaalligte aan tot selfvernietiging?


Bouwerke



Ahoy daar, vriende van Die Stem! Mooi strofes in die ou Volkslied, - soos om te handhaaf en te hou, en dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly. Ek onthou van seereise rondom Suid-Amerika, dat Chile ‘n gewelde ontwikkelingspad sedert die vroë 80s beleef het, en dinge is nie sit-sit-so, hetsy in die kerkbanke, sport paweljoene, TV gemakstoele, op die strand of in bloot skyn-belangrike politieke gestoeltes, bereik nie! Nou sien ek in die Groot Seevaart en Pelgims Handboek dat Nehemia, met die heropbou van gevalle mure en administrasie ten goede van die mense aan sy toesig in opdrag soos geroep toevertrou,  nie eers ‘n politieke party of nuwe kergenootskap gestig het nie. Nehemia het gewerk saam met die Koninkryksperspektief vir Volk en Kerk in die Raadsplan van die Lewende God. Meen iemand hier in die verbygaan op die kaai met die golwe en die wind wat waai, wynbottel in die hand, dat als tevergeefs is. Kan tog nie wees nie. Die Verbondskinders, verspreid soos ons is, moet tog in elke generasie begeesterd en in geregtigheid handhaaf en hou soos en waar geposisioneerd, - sodat die aardse en Koninkrykserwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly …



Saturday 21 July 2018

Volke in eie reg


Ahoy daar versugtendes! Die geskiedenis maak baie draaie, met ops en afs, suksesse en verliese, goeie besluite en duur lesse. Was daar al ander volke en nasies wie baie hard moes werk om in eie reg tot stand te kon kom? Die Iere het 'n lang geskiedenis van onderdrukking, hongersnood, slawerny en volksherlewing. Wat moet die Afrikanervolk met soveel versuim en verdeelthede onderling, spoedig doen om te kan staan en te presteer in Suid-Afrika, Afrika en die internasionale gemeenskap?


Unieke Volk


Ahoy daar, Geloftevolk! Seereise verleen blootstelling aan talle volke, tale, nasies en stamme. Sommige volkere is meer konserwatief, ander meer liberaal. Party mensegroepe is meer hoflik en ander meer kortaf in hulle kultuur. Somige kulture bou op en ander kulture vernietig. Maar wat dan, is 'n Godsvolk? Almal wil graag uitverkorenes en verbondskinders wees. Die Kerk meen sy is Israel en dan is daar voortgesette navorsing oor wat van die 12 Stamme van Israel geword het. Die boom word aan sy vrugte geken. Is al die bevolkingsgroepe in Suid-Afrika godvresend en vrugdraend? Hoe het die kerke ons geleer sedert 1652? Watter geloofsbenaderings staan die sterkste in Suid-Afrika? Is baie van ons grootgemaak met 'n protesterende Rooms Katolieke fondasie of met die fondasies van ou Israel? Wat is "die Geloftevolk" in SA se aanspraak en vrugte? Gaan diep-geestelike versugtinge in SA tot niet, of dien dit as die katalisator vir groter dinge?


Friday 20 July 2018

Selfstandigheid en Vennootskappe


Ahoy daar verarmende Volksgenote! Terwyl ons armoede ons inhaal en ons nog bietjie hande vou om uit te rus of te wag vir beter dae, sedert 1994, herhinder ek my aan die waarde van Unies en Alliansies wat met die regte vennote vir die regte redes al sedert die Bybel se tye gesluit is. Hoe lank gaan dit neem vir die Geloftevolk oorblyfsel in Suid-Afrika om tot verantwoordelike rentmeesterskap, selfregering en handelsvennote te kom?




Wednesday 18 July 2018

Is daar iets te leer by Koning David?


Ahoy daar Voortrekkernasate! So op besoek aan Haifa, Jerusalem en Berg Karmel, sien ek baie gedenkwaardighede uit ou Israel. Nou verstaan ek nie as mense meen hulle is fisiese Israel of geestelike Israel, maar die norme van Israel beteken vir hulle niks? Of eenvoudiger gestel, Christenskap, of Bybelse leierskapsvoorbeelde en standaarde is nie deel van die leef en denkwyse, of die resultate rondom ons, nie. Dit lyk asof "leierskap" deesdae een of ander status is, met byvoordele, - maar dit gaan duidelik lankal nie meer daaroor om die gemeente of die gemeenskap en die volk as kudde te versorg nie. "Lord it over the people" lees ek iewers. (Daar is heelwat leestyd op die seereise.) Koning David van ouds het blykbaar goed gelei in die stryd (as ek nou lees van Goliat wat sy mense bedreig en getart het) en in die administrasie van die volk. Psalm 78 vers 72 dui aan: "En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande." In Spreuke 8 vers 15 en 16 word geskryf van wette van geregtigheid, en in Spreuke 11 van die gebrek aan leiding wat 'n nasie laat struikel. 'n Rebelse volk het baie leiers, meen Spreuke 28:2, en die regverdiges (leiers en volgelinge, elkeen soos geroep en toegerus) sal skyn soos die son meen ons Verlosser in Mat 13 vers 43. Maar nou ja, ek is maar 'n leke prediker ... soms op ver plekke. Mag dit wel wees met ons mense as ons ten volle gehoorsaam en prakties Skriftuurlik handel.


Tuesday 17 July 2018

Christen Leierskap


Ahoy daar burgers en boere! Ek was bietjie weg op die see om ver lande te verken. Nou dat ek terug is aan wal let ek dat dit deurmekaar gaan in hierdie landstreke. Ek is op soek na die Boervolk se leier? Die een met kennis, insigte, wysheid, durf en moed! Die een wat lankal vertel van 'n Volkstaat ... Maar tog, op die grond lyk die mense verward, benoud, onge-organiseerd, rigtingloos, leidingloos?


Saturday 3 March 2018

Krisis!


Ahoy daar kannoniers! Ons probeer 'n oorlogskip reg beman om kuslyne en plaasgrense te bewaak, maar daar is 'n merske probleem! Ons het net Stuurmanne, - en daar is nie 'n Kaptein of 'n Admiraal nie! Hoe gaan ons maak om burgerlike beveiliging effektief, samehorig en doelmatig te bestuur, voordat die skip sink?




Friday 2 March 2018

Eendrag maak Mag



Ahoy daar, medeburgers, - of is dit die Boere van die Nuwe SA? Soos met my eerste blog inskrywing se tekenprentjie, kon daar al probleme op die horison van ons landskap gesien word! Verstommend hoeveel onnodige verliese ons wil lei voordat ons bereid is om op te staan, saam te staan en vas te staan. Konsentrasie van mag is ‘n beginsel van oorlogvoering, - hetsy gesien uit ‘n beveiligingsoogpunt, verdedigingsoogpunt of offensiewe oogpunt. Eendrag maak mag! Dit is ook ‘n Skrifbeginsel, want Koning Dawid meld dit in Psalm 133:1 en ons Messias van Nasaret meld dit in Matteus 12:25. Ons vertrou dat Volksbehoud spoedig met deurdagte en nugtere denke sowel as komplimenterende, eenparige handelswyses gepaard sal gaan hier in Suid-Afrika. Tot volgende keer, - hou die regte koers, kaart, ‘n gekalibreerde kompas en ander nodige navigasieinstrumente op die kaarttafel, al is die see ‘n bietjie rof! (Kyk sommer ook dat die skip nie gate in die romp het nie en dat almal aanboord is!)