Sunday 6 September 2020

Jellievisse uit die see - nou op die hele SA landskap!

  

Ahoy daar etniese volksgenote! Ek is nou al sedert 27 Maart vanjaar vasgevang in allerlei onderbrekings van ‘n andersins potensiĆ«le gesonde en produktiewe leefstylomgewing hier aan wal in Suid-Afrika. Allerhande onsinnige beperking en vrese word op ons afgedwing en dinge verval of raak vernietig. Ons mense se fisiese, emosionele en geestelike gesondheid ly skade. Ons kinders is verward! Maar waar is die leiers? Ware leiers? Leiers met insigte, perspektief, wysheid, salwing en oortuigende gesag? Leiers op elke terrein? Is daar nou net ruggraatlose jellievisse in kerkbanke, in vergaderings, in die gemeenskap en op soveel platvorms?