Saturday 22 September 2018

Bergingswerk


Ahoy daar Sleepbootkapteins en Drenkelinge! Hoe sink die "skip" die Nuwe Suid-Afrika daar? Bergingswerk is spesialiswerk. Vir baie jare sedert die 1970s was die eertydse sterkste Oseaan-vaardige sleepbote die Wolraad Woltemade (in Skotland gebou) en die John Ross (in SA gebou) op hulle pos vir nood bergingswerk om die Suid-Afrikaanse kus. Die sleepboot, bemanning en kontrakte vir bergingswerk moet in plek wees. Dit is gespesialiseerde operasies, - dikwels in gevaarlik-ontstuimige en stormagtige toestande! Watter "sleepboot" en watter "bemanning" kan die sinkende SA red, met watse kontrak? Maar bergingswerk sal moet plaasvind, verseker!


Friday 14 September 2018

Net 'n skeepswrak




Ahoy daar seevaarders en landrotte! Skepe word histories gebou om bo op die water te vaar, op koers. Selfs in rowwe see is baie skepe gebou om te hou. Tog loop dinge verkeerd met enjins, die weer, die navigasie of agterlosigheid. Die Suid-Afrikaanse kuslyn is besaai met tot soveel as 2 000 skeepswrakke. Nou lyk dit asof die hele Suid-Afrika op die rotse afstuur en eersdaags net 'n wrak sal wees. Soos wat rotte en matrose 'n sinkende skip verlaat, so verlaat talle die sinkende Nuwe Suid-Afrika. Wat het verkeerd gegaan? Wat kan gedoen word? Kan die "SAS Suid-Afrika" nog d.m.v. bergingsoperasies beredder word?


Wednesday 5 September 2018

Die Koning


Ahoy-daar godsdienstige vriende! Het julle geweet dat matrose (by)gelowig is. Op meeste handelsskepe en vloot skepe word die "Crossing the Line" seremonies gehandhaaf. Dit lyf matrose en offisiere in by die tradisies, rituele en magsrealm van Neptunis Rex (Poseidon), om hulle beskerming op die magtige see te verseker. Self het ek seker ses sulke sertifikate ontvang, ook waar daar oor die keerkringe, die internasionale datumlyn en die poolsirkel (Antarktika) gevaar is. Waar laat hierdie heidense gebruike die behoudende Christen? Is dit beter om sulke ooreenkomste te vernietig en af te sweer, of is dit reg dat ons kerke, samelewing en harte vol is van gebruike en tradisies wat nie met die Skrif versoenbaar is nie? Hoe tas dit ons Bybelse lewensbeskouing en die vrugte van ons denke en hande aan?