Tuesday 28 June 2022

Tyd om te besluit!

 

Ahoy daar onderdruktes! Hier op die kaai in die Kaapse hawe langs my skip wat moet uit met vrag, vragbriewe, kredietnotas, agente en inspekteurs sit ek en kaptein Van Hunks nou en wonder wat gaan in SA en wereldwyd aan? Dis darem maar 'n deurmekaarspul. Niks werk reg nie? Besigheid is te stil? Die hawe is swak onderhou. Hooggeplaasdes lyk of klink altyd baie belangrik maar lyk ook nie regtig meer of hulle in beheer is nie? Van Hunks reken na vanoggend se pyprooksessie op Duiwelspiek dat die Duiwel oortuig is dat die "Great Reset" goed op dreef is en dat die gemiddelde burger en besigheidsman se kop nou so goed gesmokkel is dat ongeregtighede onverhinderd en ruimskoots plaasvind. Kragonerbrekings word nou skynbaar ook maar aanvaar alhoewel die ekonomie en besighede daagliks  verder skade ly. Ons kinders gaan nou ge"jab" word terwyl vuisvoos ouers maar toegee. Die Kerk se patetiese fluisterings en geloof sonder werke maak geen daadwerklike verskil nie!? Wat staan die regverdiges dan te doen hier aan die sonnige Suidpunt van Afrika?



Thursday 23 June 2022

Kul jou hier en kul jou daar!

 

Ahoy daar medebegogeldes! Skierlik, - sommer oornag, - verdwyn die onderduimse Covid regulasies, maskers en grensregulasies in SA! Wonderlik! Maar kyk ons nie die voortgesette manipulasies, "jabs" vir kinders en ander NWO aanmars tegnieke mis nie? My vriend Van Hunks het weer vanoggend saam met die Duiwel gaan pyprook, en Van Hunks reken die Duiwel is eintlik heel nice, soos politici. Ons het niks om oor bekommerd te wees m.b.t 5 keer vinniger (G) wi-fi met "Big Brother" loerbroeragendas nie. Dit hou glo net voodele in,-  soos Covid "jabs"!