Thursday 4 January 2018

Tot in die Ou Transvaal!

Ahoy daar alle Walskippers in die Ou Transvaal! Sjoe, wat 'n exodus tot hier! Terloops, ek sien die Bybel praat ook van skepe en seevaart. Minstens 59 keer volgens my Cruden's se Konkordansie. Net toe ek nou liries oor die Afrikaner se geskiednis sedert die Kaap van Storms wou voortborduur, stuur 'n geheime bewonderaar agter die skerms vir my 'n reeds neergepende oorsig van die Afrikanergeskiedenis: the Miracle that is White South Africa. Maar nou is my beskeie vraag; wat doen ons met hierdie salwing en profesie? Is ons nie te gemaklik en apaties arrogant in die profesie en "entitlement", pleks daarvan dat ons sedert 1838, 1900, 1910, 1961, 1966 en 1994 baie meer in Eendrag maak Mag kon en moes vermag het! Ons roem o.a. op ons luilekker Afrikaner Protestante Christenskap. 'n Geloof maar meestal sonder goeie werke uit die vreugde van ons Verlossing. Wat het ons Messias (Jesus Christus) gedoen to die lekker ou Tempelroetines tot wanpraktyd begin aanleiding gee het? Het Hy maar net weggekyk? Hoe sien jy die Afrikaner in sonnige sit-sit-so hoera of amen SA se voortbestaansrol? Volgende keer blaai ek weer in antieke Skeepsjoernale.




No comments:

Post a Comment