Saturday 25 February 2023

Moedeloos of net Kragteloos?


 Ahoy daar by die opsitkers! Wat was daar in Suid Afrika voor kerse? Eskom! Verstommend hoe gedwee SAners maar die bewimpelde boelietegenieke en groeiende ongeretigehede rondom ons almal in die multi-kulti Nuwe (Orde) SA eenheidstaat aanvaar en steeds buk vir 'n "jab", ten spyte van soveel ontledings, ondersoeke, feite en waarheid tot ons beskikking? Kaptein van Hunks vertel dat hy deesdae minder pyp rook daar op Duiwelspiek. Twak is nou duur en die Duiwel saam met sy kleinseun Antichris, is glo besiger as ooit. Van Hunks wil sy vragskip hier in die Kaapse hawe verkoop. Die ekonomie het glo wereldwyd nou al te veel verval onder gemanipuleerde WEF agendas gemik op verarming en regime veranderings, ook in SA. Maar die kragteloosheid, sonder 'n etiese Eskom en skynbaar sonder God is toenemend tot die landsburgers en ekonomie se verlies. Onherstelbaar sou ek meen. Nou wonder 'n mens of wie nou ookal brutaal, ondeursigtig, ondemokraties, sonder deelname van "we, the people" en selfs nie-verteenwoordigend, tot die nuwe regering van SA meeding, enigsins die skade, verval, bedrog, korrupsie, gebrek aan nasionale moraliteit en elke aspek van regeringsagteruitgang aangespreek sal kan of wil kry?  Wat ons nodig het is vaardige herstel en onderhoudspanne op alle terreine en vlakke van die SA samelewing! Die kerke, - sonder God, Gebod, Bybels en Dissipels van Jesus (nie Tammuz), - blyk eweneens kragteloos te wees? Christene wag hande gevou, vir beter dae ...