Tuesday 25 October 2022

Moeilikheid met Medisyne

 

Ahoy daar olikes! Vanoggend loop ek weer vir Kaptein Van Hunks hier op die kaai langs my skip raak. Albei van ons hoop dat daar 'n daadwerklike ekonomiese ommeswaai kan plaasvind. Nee, reken Van Hunks, medisyne is nou 'n wapen teen die mensdom. Dit maak jou of siek of dood, terwyl die hele mediese industrie glo geldmaak. Die duiwel daar op Duiwelspiek waar Van Hunks en die Duiwel pyprook, meen glo dat die hele mediese veld lankal buite die eed van genesing handel. Enkele medici wat eties probeer handel word uitgewerk! Intussen is mediese dienste in SA in baie gevalle totaal onvoldoende, indien nie oneties nie. Maar wie gee om? Het die mediese "wetenskap" 'n wapen teen die mensdom geword? Kyk net na die groeiende en skreiende nagevolge van die "jab"! Verstommend aanvaar meeste mense maar die status quo terwyl kerk en politici toekyk?