Thursday 4 January 2018

Volksmoord & Plaasterreur!

Nou eers my pet afhaal soos vir "Laat ons lees en bid!" innie army. Dit is verstommend hoe effektief, bindend en verblindend die volksbegogelingstegnieke (bedrog) vanuit Afrikaner kerk en politiek inwerk. Agter die lakeie en marionette onder ons "leiers" is natuurlik sikkels silwer en beloftes van ampte, range, Nobel pryse en Nuwe Orde status in ruil vir volksmisleiding. Die Volk eet als meestal vir soetkoek op, en die enkeles wie van 'n Damaskuspad Ondervinding getuig, word baie gou stilgemaak of hulle webwerwe word ge kuber-kraak. Die res op grondvlak is so deurmekaar en verward dat hulle mekaar gedurig soos grys krappies in die grys emmertjies of met kerkgenootskap-wedywering besig hou sodat Nuwe Ordes toenemend en ongehinderd in plek kan kom. Ons moet na mening groter erns maak van die studie van Volksmoord, die metodiek daaragter en die omvang daarvan. Daar moet redes van ongeregtigheid en vrees wees wat 'n klein kudde soos die Boere-Afrikaner histories, histeries en onverpoos wil verguis en vernietig. Kan en wil die Boere-Afrikaner egter ons rentmeesterskaptaak in en vanuit SA insien, behoorlik defineer, struktueer, bestuur en vrugdraend-volhoubaar instandhou? Stop plaasterreur en geweldsmisdaad in 2018! Werk saam Afrikaners!


No comments:

Post a Comment