Saturday 19 January 2019

Amerigo Vespucci (1454 - 1512)


Ahoy daar studente van die geskiedenis! Amerigo Vespucci was ook nie 'n man wat rondgesit het en net praatjies gemaak het nie. Hy was 'n Italianer, 'n Westerling uit die rentmeestervolke, wie dele van Noord-Amerika verken het en om Suid-Amerika geseil het. Die Italiaanse Vloot het 'n opleidingseilskip wat vernoem is na Amerigo Verspucci. Soos wat dikwels gebeur is sy ontdekkingsreise nie in daardie tyd na volle waarde geskat nie. Skat ons God se plan met ons as Westerlinge in Suid-Afrika vandag en elke dag van genoeg verantwoordelike rentmeesterskap waarde?




Saturday 12 January 2019

Ferdinand Magellan (1450 - 1521)


Ahoy daar pioeniers en ontdekkingsreisigers in die 21ste Eeu! Ek hou daarvan om te lees oor Ferdinand Maggelaan, veral omrede hy die Straat van Magellaan ontdek en genavigeer het aan die suidpunt van Suid Amerika. Self het ek dit aanboord van die BE ESMERALDA bevaar. Dit is effens korter en effens veiliger as die "Drake Passage" om Kaap Hoorn. Ferdinand Magellaan, 'n Portugeus van durfmoed en daad, bekend vir sy navigasievaardighede. Kan die Boere van vandag, ook histories bekend vir waagmoed, deurbreek tot nuwe dinge wat sal hou? Hou koers!


Sunday 6 January 2019

John Cabot (1450 - 1499)


Ahoy daar seevaart-entusiaste! So blaaiende deur die skeepsjoernale is daar nog 'n ontdekkingsreisiger, genaamd John Cabot, 'n Italianer wie vir die Engelse gekontrakteer het. Hy het gemeen dat daar 'n korter roete vanaf Europa na die Ooste is, maar het toe o.a. vir Kanada ontdek. Soos al gemeld is van die ywerige ontdekkingsreisigers aangevuur deur die landwaartse verkenningsvoorbeeld en inspirasie van Marco Polo. Wat staan ons deesdae prakties te doen om ook verkenners en baanbrekers te wees? Wat is hier rondom ons wat ongedaan gelaat word of nog nooit behoorlik aangespreek is nie? Vat voor!


Tuesday 1 January 2019

Chrisjan Columbus (1451 - 1506)


Ahoy daar ontdekkingsreisigers en baanbrekers! Dis Nuwejaar 2019, en ons kyk nog in die antieke skeepsjoernale na die groot seevaarders wat die Nuwe reld en Westerse beskawing voorgegaan het. Christopher Columbus van Spanje vaar om 'n roete na  Indië te ontdek, en ontdek die (nou) Bahamas, sentraal en Suid Amerikas in 1492. Dit het baie bygedra om internasionale handel uit te brei. Daar is teenkanting teen Columbus omdat hy na bewering baie van Amerika se inboorlinge verdring het. Ontdekkingsreisigers en die wie hulle geborg het, het dikwels onder moeilike omstandighede, politieke druk en publieke besware vordering gemaak. Tog, as dit nie vir hulle was nie ... Watter uitdagings wag op ons in 2019?