Saturday 15 April 2023

'n Hawe in die middel van Afrika!

 

Ahoy daar besigheidsmense en handelsvlote! Ek hoor aanmekaar hoe word daar gepraat en geskryf van die "Great Reset" en "4th Industrial Revolution". Maar het julle geweet dat Kisangani in die noord-ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo op die oewers van die Kongoriver, net duskant die ou "Stanley Falls", vier, ja 4, hawens het!? Daar is 'n vissershawe, 'n privaat handelshawe, 'n ONATRA passasiers en handels hawe en 'n spoorweghawe. Tog sukkel dit om Kisangani tot maksimum potensiaal as sentraal Afrika kommersieele en handelshawe spilpunt te ontwikkel. Die Kongorivier, vanaf die Atlantiese Oseaan tot by Matadi, kan kleinerige ("breakbulk") handelsskepe hanteer. Daar is geverifieerde spoor en pad verbinding tussen Matadi en Kinshasa. Vanaf Kinshasa is dit 1 734 km met die Kongorivier langs tot by Kisangani. Kisangani as "Commercial Hub Port" kan die AfCFTA (Africa Continental Free Trade Area) help bedien tussen CAR, Sudan, Tanzanie, Uganda, Ruanda, Burundi en verder! Die Kongorivier se lengte, en van die talle sytakke, bied sleephellings, hyskrane, skeepsbou persele en fabrieke, - waarvan baie net leegstaan! Nou noem ek vir my strawwe-roker kennis, Kaptein van Hunks, hier in die Kaapse Hawe dat daar miskien vir ons handelsdrywende werk en wins op die Kongorivier kon wees? Maar nou weet ek Van Hunks sal eers met die Duiwel wil gaan raadpleeg daar op Duiwelspiek sodat die gesamentlike pyprokery soos wolke op Tafelberg uitslaan!