Thursday 16 August 2018

Muitery en Rebellie


Ahoy daar patriotte! Nou mag dit van waarde wees om te let op die aard van muitery soos destyds op HMAV Bounty of rebellie soos bv. deur Die Rooms Katolieke kerk bejeen na die Hervorming en die Protestantisme. Vriende, u kan sien dat 'n saak reg moet staan en regsgeldig ontleed moet kan word as daar gestry word vir hervorming. Ons kan dit nie half, ondeurdag, onverrigtersake-uitgerek of onverskillig doen nie. As 'n nuwe "eilandstaat" die begeerte sou wees, dan moet eendrag, samewerking, leierskap en volledige deeglikheid op elke tersaaklike terrein die wagwoode wees!


Wednesday 15 August 2018

Oorwinning



Ahoy daar styders van die goeie stryd! Besef ons die oorsprong, identiteit, waarde en die doel van die Westerse beskawing? HMS Victory vertel 'n verhaal van die behoud van die Westerse beskawing. Die lewe gaan oor meer as asemhaal en eet, werk-toe-gaan en kerk-toe gaan. Die lewe moet doelgerig geleef word, nie net in oorlewing en eie genot of wins nie, maar ook in oorwinning en voortbestaan van volke, tale, nasies en stamme. Wat is ons banier van oorwinning?


Friday 10 August 2018

Maak die Verskil



Ahoy daar Verskilmakers! Is JY 'n verskilmaker? Ek lees by die "Afrikaans is Lekker" blad die volgende bydrae oor vasberadenheid, met erkenning: "Die Vlieënde Hollander is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n stormwind gesweer dat hy om die Kaap die Goeie Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende vertel dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo al deur baie seevaarders gesien, insluitende Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het die Vlieënde Hollander as tema vir een van sy operas gebruik." Is ons so vasberade soos kaptein Henderik van der Decken, - in ons geval om selfbehoudend op te tree? Gaan ons toekomsgeskiedenis so aangrypend en inspirerend wees dat 'n nageslag 'n opera of blyspel daaroor sal wil skryf?






Sunday 5 August 2018

Saamwerk!



Ahoy daar leiers van formaat! Ek blaai so terug in joernale tot by 1981. Op afgedeelde diens aanboord van die Chileense missiel frigat, die PFG Lynch, het ons deelgeneem aan gesamentlike Vloot oefeninge saam met skepe van die VSA se Sesde en Sewende Vlote. Hoewel elke skip sy eie Kaptein en opgeleide, gedissiplineerde bemanning het, moet daar ter wille van die gesamentlike doelwit en effektiewe medewerking, met kundigheid tewerk gegaan word in die groter konvooi. Sonder die samewerking van elke Kaptein (leier) en skeepsbemanning, kan die groter doelwit nooit bereik word nie, - maak nou nie saak hoe "goed" of eksklusief belangrik die individu, enkele benadering of sub-groep is of wil wees nie.


Saturday 4 August 2018

Ingryping



Ahoy daar rentmeesters! Ek verstaan hier in Suid-Afrika is ons nou sterk op pad na kommunisme en die ontneming van belastingpligtige burgers se besitreg, terwyl meeste maar net toekyk en hoop vir beter dae. Daar is al baie geskryf en gedoen rondom ingryping. God gryp in met die sonderval van Adam en Eva. Die Engel wat 185 000 vyande van Israel verslaan. Die Toring van Babel. Die mensdom gryp in om kinders wat in 'n grot vasgekeer is te red, of om myners in Chile te red, of drenkelinge op 'n sinkende skip te red. Daar is daagliks ingrypings op talle terreine. Wat gebeur as daar nie ingegryp word nie? Wie moet ingryp? Wat daarvan as daar te vroeg, te laat of glad nie ingegryp word nie? Kan ingryping 'n beter toekoms bewerkstellig? Rentmeesterskap verg bestuur en leierskap. Beide l.g. gesagsvelde verg soms dat daar verantwoordelik ingegryp moet word.