Saturday 12 December 2020

Kompaslesings

 


 Ahoy daar alle landrotte in en om die kerke, politiek en ekonomie. Die skip is nou amper klaar gelaai met kosbare vrag vir die volgende seehandelsrys. Jona en Paulus het al hulle kaartjies gekoop. Daar is egter skynbaar 'n probleem met die morele kompas hier in Suid-Afrika. Met kragonderbrekings in so 'n moderne land, maak almal nou weer staat op die magnetiese kompas, sonkrag of kerse. Is die (morele) kompas vir leiers gekalibreer? Daar is faktore wat die kompaslesings en werklike magnetiese Noord sterk be-invloed, - veral waar politieke korrektheid, Stockholmsindroom en oningeligte onverskilligheid of gebrek aan reisplanne en gekorregeerde kaarte 'n omgewings-variasie of platvorm deviasie veroorsaak. Dan moet die Seemanskap Handboeke en Navigasie Handboeke weer geraadpleeg word sodat die magnetiese (morele) kompas reg gekalibreer en akkuraat aangewend kan word om die sorgvuldig-beplande roete te kan navigeer.