Saturday 9 March 2019

Kaptein George Vancouver (1757 - 1798)


Ahoy daar pioeniers en voorlopers! Hierdie reeks uit die skeepsjoernale en argiewe van seevaarders en ontdekkingsreisigers rond nou af met die werke van Kaptein George Vancouver, wie hoewel van Britse herkoms, ook in Noord Amerika erken en gedenk word. George Vancouver het sy Vlootopleiding as Adelbors saam met Kaptein James Cook begin, en later self (o.a. weer met die seilskip HMS Discovery) ontdekkings en opvolg opmetings in Australie, Brits Colombia en die Weskus van Noord Amerika gekarteer. Dit is interessant dat baie seevaarders van formaat uit die stal van Groot Britanje gekom het, hoewel Spanje en Portugal baie vroeg in die geskiedenis ontdekkingsreise onderneem het. Sonder die geskiedenis van seevaart, sou Westerse Christen kolonies nie tot stand gekom het nie. Die vraag is altyd, wat moet nou nog ontdek of verbeter word ... of kan ons nou almal lekker terugsit en net ontspan waar ons is?


Saturday 2 March 2019

Kaptein James Cook (1728 - 1779)


Ahoy daar vindingryke Volksgenote! James Cook was 'n man met gesonde ambisie en dryfkrag sedert 'n jong ouderdom. Hy het sy seevaart loopbaan in die handelsvloot begin en is toe na die Britse Vloot (Royal Navy). Hy het drie ontdekkings en opmetingsseereise onderneem, en sy werk is goed aangeteken. Dit is betreurenswaardig dat Kaptein James Cook vermoor is tydens 'n onderonsie met inboorlinge oor 'n skeepsboot wat verdwyn het. Kaptein Cook laat sy werk na, maar geen kinders of kleinkinders nie. Kaptein James Cook is nog voorbeeld van ywerige mense wie se persoonlike dryfkrag baie gedoen gekry het wat vir die nageslag van groot waarde was en is.