Saturday 17 December 2022

Geestelikheid en Feestelikheid

 

Ahoy daar gelowige vriende! Dis weer vakansieseisoen en vanoggend gesels ek met Kaptein Van Hunks hier op die kaai langs ons skepe so oor al die feestelikhede saam met die geestelikhede. Nee, reken van Hunks, sy vriend die Duiwel daar op Duiwelspiek waar hulle saam pyprook meen die Christene is lekker verward. Ons weet glo nie meer wat is in die Bybel en wat is menslike en heidense  tradisies nie. Alles is glo al goed vermeng op pad na die wereldse "Millennium" met een godsdiensgees wat so ietsie van alles daarin vervat het om almal geestelik gelukkig te hou. Die Duiwel erken glo egter dat meeste mense eintlik in die geheim Christen is, want laataand as die winkels toemaak op 24 Desember jaarliks, sing almal saam. Jood, Griek, Portugeus, Mohammedaan, Hindu, Boer en Afrikaner "Wat 'n vriend het ons in Jesus" as hulle daardie kasregisters leegmaak na rekord vakansieseisoen verkope! Wat staan in die Bybel?