Thursday 22 June 2023

Versoekings


Ahoy daar winter wesens! Dis nat in die Kaap. Selfs te nat vir Kaptein Van Hunks om op Duiwelspiek te sit en pyp rook saam met die Duiwel (wat nou volgens die kerke nie bestaan nie maar volgens die Bybel en getuienisse wel!) Vanoggend sien ek vir Kaptein van Hunks daar op die dek van sy skip hier in die Kaapse hawe. Party matrose meen daardie skip van Van Hunks is 'n spookskip. Ek vra toe vir Van Hunks so in my verbystap vir bietjie oefening, wat dink hy van versoekings. Van Hunks lag toe, en vertel dat min mense Jesus se voorbeeld volg om die Duiwel of Satan as Prins van Hierdie Wereld weg te wys in die voorbeeld van Mat 4:9. Van Hunks meen meeste buig maar die knie ter wille van aardse welvaart en "prosperity". Glo in en om die kerke ook! Red dan nou so 'n Christendom, - wat nog van die Kerk wat moet skyn as 'n stad op die berg en 'n lamp vir ander? Maar daar is die wat getuig dat gehoorsaamheid tot vooruitgang en welvaart lei.