Saturday 12 December 2020

Kompaslesings

 


 Ahoy daar alle landrotte in en om die kerke, politiek en ekonomie. Die skip is nou amper klaar gelaai met kosbare vrag vir die volgende seehandelsrys. Jona en Paulus het al hulle kaartjies gekoop. Daar is egter skynbaar 'n probleem met die morele kompas hier in Suid-Afrika. Met kragonderbrekings in so 'n moderne land, maak almal nou weer staat op die magnetiese kompas, sonkrag of kerse. Is die (morele) kompas vir leiers gekalibreer? Daar is faktore wat die kompaslesings en werklike magnetiese Noord sterk be-invloed, - veral waar politieke korrektheid, Stockholmsindroom en oningeligte onverskilligheid of gebrek aan reisplanne en gekorregeerde kaarte 'n omgewings-variasie of platvorm deviasie veroorsaak. Dan moet die Seemanskap Handboeke en Navigasie Handboeke weer geraadpleeg word sodat die magnetiese (morele) kompas reg gekalibreer en akkuraat aangewend kan word om die sorgvuldig-beplande roete te kan navigeer.




Saturday 10 October 2020

Treinongeluk!


Ahoy daar landrotte! Hierdie seerot is weer verstom hier aan wal in sonnige SA! Mense van my kultuurgroep word al vir jare vermoor en uitgerangeer maar daar is steeds geen konsolidasie van aksies en metodiek om verskansend te verteenwoordig en volhoubaar te selfregeer nie? Soos 'n lank-reeds voorspelde treinongeluk a.g.v. omstandighede, swak infrastruktuur, of swak bestuur of onbekwame saakgelastigdes ... en dan die patetiese stom-verbasing of histeriese paniek te midde van die groot gemors! Hoe is dit moontlik tussen begaafde rentmeesters of Geloftevolk mense? #afrikanerselfdetermination



Sunday 6 September 2020

Jellievisse uit die see - nou op die hele SA landskap!

  

Ahoy daar etniese volksgenote! Ek is nou al sedert 27 Maart vanjaar vasgevang in allerlei onderbrekings van ‘n andersins potensiële gesonde en produktiewe leefstylomgewing hier aan wal in Suid-Afrika. Allerhande onsinnige beperking en vrese word op ons afgedwing en dinge verval of raak vernietig. Ons mense se fisiese, emosionele en geestelike gesondheid ly skade. Ons kinders is verward! Maar waar is die leiers? Ware leiers? Leiers met insigte, perspektief, wysheid, salwing en oortuigende gesag? Leiers op elke terrein? Is daar nou net ruggraatlose jellievisse in kerkbanke, in vergaderings, in die gemeenskap en op soveel platvorms? 


 

Sunday 26 July 2020

Wat is Christelikheid?




Ahoy daar kerkgangers! Op die skip neem ons soms 'n Kapelaan saam see-toe. Hy kan preek, praat, beraad, bybelstudie lei, begrafnis hou en nagmaal bedien. Ter see baklei ons nie oor kergenootskappe of klubsoortige lidmaatskappe nie. Meeste offisiere en matrose wat nie op 'n wagbeurt aan diens is nie, woon die dienste aanboord by. Hier, aan wal, gaan dit anders. Lyk asof die Dominies en Pastore soms hard werk en die gemeentelede geestelik oorgewig net saamry? Al die (lekkende) kruike is ook nie ewe bruikbaar nie. Die met 'n handvatsel en tuit werk hard en goed. Party kruike is bloot dekoratief. Niks vanuit die kerke blyk egter die gemors in Suid-Afrika aangespreek te kry nie?


Friday 17 July 2020

Ekonomiese Uitklophou of Kophou?





Ahoy daar politieke Christene! Besigheid is stil en die skip word nog gelaai in die Kaapse hawe. Nou hoor ek in die strate van Suid-Afrika van die ekonomiese uitklophou. Glo regerings wêreldwyd wat ‘n nuwe bewimpelde internasionale ekonomie wil skep. Ek dink Albert Pike het geskryf van nuwe dinge uit chaos skep, maar dit is God se werk, nie die van amateurgodjies nie! Wat sal Neptunis in die diepsee nou daarvan dink? Die groot ekonomiese uitklophou waar die rykes super-ryk is, die grondvlak by die biljoene kripeer en afsterf, en die middelklas as ruggraat van enige gemeenskap en ekonomie òf op òf af getrek is, is glo om die draai terwyl Christene bewerig hande wring en kerkleiers die tiendes tel. Politieke leiers met ‘n morele skeepskompas is daar ongelukkig nie een van te vinde sedert die Anglo-Boereoorloë nie. Nou, ja … so is ons nou na jare weer terug by die Kaap van Storms. Vreemd hoe die ou lewe hier aan wal werk, nê? Geen wonder dat die skeepsvrag so bitter stadig inkom nie!


Sunday 21 June 2020

Die kat kom weer!


Ahoy daar alle landrotte! Ek sien darem vreeslike goed hier aan wal in Suid-Afrika! Behalwe vir goed wat afgebrand word, misdadigers wat die land regeer op alle vlakke en terreine en swak bestuur,  hoor ek nou die kat kom weer? Sy naam is glo Covid? Hy was al in Maartmaand hier, en kom glo of dit somer sonksyn of in winter koue is! Ja, die kat kom weer, net die volgende dag!


Tuesday 16 June 2020

Wat is die vrugte van versuim?


Ahoy daar Afrikanervriende! Ek lees so op en tussen die lyne van allerlei media hier aan wal in Suid-Afrika, van die Kaap tot by die Ou Transvaal. Lyk my dit gaan beroerd terwyl die burgers en boere onbeholpe oor mekaar val en selfaangestelde "leiers" hard probeer om belangrik te lyk of klink? Nou wat sou die resultaat vir geregtigheid wees in en om Suid-Afrika as die Afrikaner met bewese dryfkrag en prestasie tussen 1652 en 1994 sou aanhou om te talm en te versuim rondom rentmeesterskap-herposisionering, inspraak en verskil-maak? Kan die Geloftevolk die loon van die sonde dra? Ai, - daar op die see tussen die eilande en die meerminne is daar minder probleme ...


Thursday 4 June 2020

Ons Ekonomiese Verval!

Ahoy daar Afrikaner leiers, Boere, Burgers en fb vriende! Dis nou ‘n paar jaar sedert 1652. Daar was darem redelik geleentheid vir bid en pligsgetroue samewerking tot vrug. Hoe is dit dan nou dat sover ek verneem van mede-burgers en volksgenote hier aan wal in die Nuwe Suid-Afrika, dat soveel besighede, boerderye, inkomstegeleenthede, besigheidsnetwerke, industrie en kontantvloei nou na die skynbare gemanipuleerde Covid-19 plandemie tot niet is? Wat gaan ons nou in eendrag daaromtrent doen?


Friday 8 May 2020

Wat is dit met politiek?



Ahoy daar, Afrikanervriende in Suid-Afrika! Wat is dit met die politiek al van toentertyd-af? Is alle politici eintlik infame leunaars? Kyk nou na die party-politieke verkiesingsplakkaat hierbo vertoon! Kyk dan nou wat gaan vandag met Afrikanermense se kinders in plakkerskampe aan? Wat het dan nou geword van die soete politieke beloftes en prosesse? As die prosesse dan nie suksesvol was nie, - waarom is aanpassings in benadering nie gemaak om die oorspronlike doelwit ter wille van ons kinders en hulle kinders te verwesenlik nie? Maar tog wil dit voorkom asof die feitlik deurlopende gebrek aan prestasie van politici vir die publiek en die kiesers maar aanvaarbaar is? Hoe, - in Vaders Naam, - kan dit wees?


Thursday 26 March 2020

Die Duiwel is in die Details!


Ahoy daar, wêreldburgers! Na die vryheid van die Kontinent van Afrika, die tavernas van die sewe seë, Antarktika se oop ruimtes … nou dit! Lock down! ‘n Virus … glo in ons liggame, in die lug, op die oppervlaktes, in ons rekenaars en in die politiek. Dis l.g. wat my ernstig pla! Die duiwels in die detail van wat ‘n polities-gedrewe pandemie skyn te wees? Dit is tog ‘n uiters-ernstige ontneming van menseregte, persoonlike regte en ekonomiese groeistimulus om so ‘n internasionale toesluitmaatreël aan te kondig en met brutalitiet te handhaaf oor die gewone en dikwels skynbaar verwarde burgers. Geen beweging? Geen kritiese vrae? Geen fotos? Geen vriende? Geen gesonde menslike nabyheid of fisies-nabye gemeenskap van die Gelowiges? Wie verskaf ‘n onafhanklie en toesighoudende oudit oor die pandemie se kommunikasie, syfers, statistiek, “feite” en manipulerende angst?


Sunday 16 February 2020

Is daar Profesie vir Suid-Afrika?



Ahoy daar vriende in en om die kerke van Suid-Afrika! Christen vriende? Ek lees dat Amerika en Brittanje hulself in die Bybel se profesie sien, - o.a. as nasate van Josef se seuns Efraim en Menasse! Wat dan van Suid-Afrika? Hier waar 'n Gloftevolk voorsiennigheid gedenk en waar daar klem gebring kan word op die aanbidders oorkant die riviere van Kus? Is daar vrug tussen volke, tale, nasies en stamme?