Friday 9 February 2018

Strategiese Vervolging


Ahoy daar seesoldate, gebedskrygers en hardwerkende burgers! Waarom word die blanke en Afrikaner so fel vervolg in Suid-Afrika? In wie se pad staan ons? Geografies, - in beide die fisiese sowel as die geestelike realm is Suid-Afrika van groot belang! Fisies is SA 'n deurpoortwagter van die Kaapse seeroete, 'n groot minerale en ekonomiese bron,  asook van die Christelike geestelike deurpoort in Afrika-in. Die globale magte van inhalige ongeregtigheid wil dus nie 'n denkende en opbouende of selfregerende Christelike Afrikaner rentmeesternasie wie handhaaf en hou tussen volke, tale, nasies en stamme hier verda nie, - selfs al is daar bloedlyne en familiebande met die Weste. Vasstaan en saamstaan burgers, as diensknegte van die Allerhoogste! Hy het ons hierheen gelei!


Wednesday 7 February 2018

Kultuurgrense



Ahoy daar antropologiese volksvriende! Hoe presteer ‘n afgesonderde Afrikanervolk tussen ‘n massa van kulture, oortuigings en nerings wat mekaar verswelg en nie wil kans gee dat kulture hulself kan handhaaf en saam maar onderskeibaar aan ‘n land se toekoms bou nie? Selfs aan die Kaap destyds, deur die Groot Trek, by Bloedrivier, met die Geskroeide Aarde en Konsentrasiekampe (waar “nieblankes” ook verskuif is), tydens die Boere Republieke en sedert 1910 was daar verhoudings tussen wit en swart in SA (klein konflikte inaggenome). Dit wil wel voorkom asof die Britse regering  baie konflikte tussen wit en swart gemanipuleer het sedert die Vryheidsoorloë en die Boere Republieke. In 1994 was die voorneme en ondernemings nog goed en het die sogenaamde Waarheids en Versoeningskommissie sy gang gegaan. Wat het sedert 1994 gebeur om die Nuwe SA in so ‘n groeiende rassekonflik te dompel. Moet ons op die grond (wit en swart) nie begin om eenvoudig te weier om daaraan deel te neem, en SA vanaf grondvlak op te bou nie? Daarmee word geen begeerte of reg tot selfbeskikking weggeredeneer nie, veral nie waar die blanke minderheid in SA duidelik aan volksmoord blootgestel is nie. Kom ons blanke Afrikaner fokus op eendrag maak mag selfbestuur en selfbeskikking.


Thursday 1 February 2018

Pouse



Ahoy seevaarders, kruisvaarders, Boerekrygers, helde, heldinne, profete en Volksgenote! Met spyt moet ek 'n pouse roep want ek kry nie meer opgetekende geskiedenis oor Afrikaner helde nie. Die boom (die Volk) word aan sy vrugte geken. Na 1966 het die gety skynbaar gedraai en sedert 1994 word die Boere-Afrikanervolk nie meer gelei nie, - of in die afgrond afgelei? 'n Dal van Doodskaduwee knel ons. Die selfbestuur- en selfbeskikkingswa kom nie deur die drif nie.