Monday 8 January 2018

Waar kry jy jou Mandaat!


Gegroet alle Afrikaner navigators op land en see! Is ons op koers? Is ons kompas gekalibeer? Soveel keer hoor ek tussen ons Afrikaner geledere die aantuiging dat ek nie 'n mandaat het om sus of so te doen nie. Waar kom ons aan sulke apatiese onveskillighede? As onderskeidende Christen op die regte pad het ons Die Mandaat van Alle Tye! Ons het die Die Bybel, die Gemeenskap van die Gelowiges, die Groot Opdrag, Die Wet op die Tafels van ons Harte geskrywe, 'n etiese gedragskode en 'n aardse duisternis reg rondom ons wat na lig en leiding hunker! Ons deeglike begrip van die eerste vyf Boeke van die Bybel, die Tien Gebooie en die Grootste Gebod is tog kern aan ons gees van onderskeiding, kennis van reg en verkeerd en daaglike handelswyse. Ons sout, lig en (Koninkryk) suurdeegtaak is dan juis om ongeregtigheid soos bv. moord, diefstal, vals getuienis (ook leuns, vals evangelies,  vervalsings en bedrog) uit te wys, teen te spreek of in voorbeeld reg te begelei. Doen ons dit as blanke (Boere) Afrikanervolk hier in SA elke dag? Mooi loop (ry of vaar) op die Pelgrim se Reis! Volgende keer kyk ons na kaart en kompas.



No comments:

Post a Comment