Monday 28 November 2022

Die Tien Gebooie

 

 

Ahoy daar mede-sondaars! Toe ek baie klein was, was daar 'n fliek oor Moses en die Tien Gebooie! Nou onlangs verstaan ek daar is 'n nuwe stel van tien gebooie wat glo by die Berg Sinai in Egipte afgegee sou word om die klimaat en die aarde te help red van ons sondige mense wat so lekker leef en o.a. te veel warm lug vrystel, - veral hier in SA waar almal baie praat maar ons nie tot orde kom nie! (Dis nou buiten die feit dat my navorsing aandui dat die Berg Sinai eintlik in Saudie Arabie is! Die Apostel Paulus was ook eers bietjie soontoe.) Ek vermy deesdae om met Kaptein Van Hunks oor kerksake te gesels, want hy vertel dat die Duiwel 'n heel ander prentjie met hom deel. So hoor ek vanoggend dat politici, sommige kerkleiers en die Duiwel glo almal om dieselfde vuur sit as hulle gesels oor die gif "jab", oorlogmaak, nuwe gebooie, ekonomiese ontwrigting, die bevordering van vreemde gedragspatrone en oor hoe om liegstories aan hulle kiesers of gemeentes op te dis! Heel fasinerend as dit net nie oor die jare soveel slegte gevolge gehad het nie! Nou wonder ek regtig waar leer politici al hulle booshede?