Saturday 6 January 2018

Die Groot Bome van Mamre en Handelsbande



Ahoy daar, alle Afrikaner walskippers! Vandag kyk ons na die Skepe van die Woestyn (kamele), maar met die indruk van tydelike dinge (soos Abraham se vertoef by die Groot Terpentynbome van Mamre), wat volgens oorlewering op 'n deel van die Sy Roete (Silk Road) was. My ernstige vraag vandag is;- Hoe kan ons as Afrikaners in SA vanjaar fokus op 'n alternatiewe ekonomie in hierdie transisiefase en verarming waarin ons onself vandag ongevraagd maar ook apaties skuldig bevind? Wie is daar, in kerk, sending, regering, NPOs, organisasies, instansies, kontrakte of werksplekke wie nie tans deur verarming en die NWO se brutale internasionale handelsmanipulasie geraak word nie? Kan en wil ons as Afrikaners en Afrikaanse Handelskamers in SA vanjaar dringend saamstaan en eensgesind saamtrek om nismarkte, unieke ekonomiese vindingrykheid, landbou (nywerheid), entrepreneurskap en 'n sosio-ekonomiese bestel met WEB (Wit Ekonomiese Bemagtiging) saam met onderskeidende internasionale vennote in die Verspreiding tot stand te bring? Dan, liewe medeburgers en volksgenote, grootleiers en roemrykes onder ons, moet ons doelgerig vergader, beplan en dinge tot uitvoering en volhoubare vrugte bring. Selfsugtige eiebelang en ruggraatlose-pionne bende-benadeings kniehalter die groter toekoms- en Volksaak. Daar is te veel Afrikaner breinkrag, ondervinding, talente, gawes en vindingrykheid wat daagliks-verarmend tot by blanke plakkersituasies verlore gaan! Hoe kan ons, ons tydelike Afrikaner vertoef , - op pad na die beloofde land (Volkstaat), - soos Abraham destyds by die "Groot Bome van Mamre", met doelgerigde wysheid vir handel en nywerheid versterk? Matrose, gooi los die vasmeertoue voor en agter, ons moet vaar om waardevolle vrag soos onderhandel, te gaan haal!


No comments:

Post a Comment