Monday 1 January 2018

Van Adam tot 2018!

Ahoy daar! Vandag staan ek bietjie tussen al ons Afrikaner walskippers in die Nuwe SA. 2018 is nou al 2 dae oud, en Orania se eerste nuusbrief praat darem van die Orania en Noordkaap Volkstaatgedagte, - wat nou nie rym met die Kaapse afstigting of die ASK (Afrikaner Strategie Komitee) en BAV (Boere-Afrikanervolksraad) se metodiek nie. Komende oor so 'n lang en voortgesette kultuurpad deur die Verspreiding, kan ons as rentmeester-Afrikaners in 2018 bekostig om op die spore van 2017 (of 1966 of 1994) se stagnante gespekke, verdeeldheid, perspektiefloosheid, nuttelose wederstrewigheid, identiteitloosheid, lusteloosheid  en onverrigter sake voort te ploeter terwyl ons eie mense, ons kultuur en ons vryhede daagliks verguis word? Waar en wanneer gaan ons groot en belangrike Afrikanerleiers op alle tersaaklike terreine rondom een tafel vergader, een strategie bepaal, een plan maak sodat die Burgers en die Boere weet waar hulle konstruktiewe medewerking inpas en tot watter beoogde resultaat, en dit eendragtig uitvoer terwyl die voorneme en die resultate gekontroleer word? Jou Afrikaner mening en bydrae tel! Deel jou konstruktiewe inset asb. Volgende keer kyk ons in die Walskipper Joernaal na die effektiwiteit van burgerlike beveiliging en onverpoosde plaasterrorisme in SA.




No comments:

Post a Comment