Saturday 15 January 2022

Die Groen Paspoort

 

Ahoy daar geprikkelde vriende in SA! My besigheidsvriend en skeepskaptein Van Hunks rook weer sy pyp saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek. Ek stap toe maar so al pynsende oor ekonomiese sake en Groen Paspoorte al langs die kaai daar in die Kaapse hawe aan Mouille Point strand se kant. Daar kry ek toe 'n meermin. Na tradisionele Afrikanerhoflikhede vra ek haar wat sy dink van Groen Paspoorte vir reis en besigheid, want myne is blou. Sy glimlag toe net skalks voor sy onder die seewater verdwyn ...


 

 


Saturday 1 January 2022

Ekonomiese inisiatief in 2022!

 

Ahoy daar Nuwejaarsvriende! Die Van Hunks, - ou korrelkop seekaptein wat kan pyprook soos 'n stoomskip se skoorsteen, - meen ons moet net wag tot die ekonomie optel. Ek verskil. My voorstel is dat nugter- en vooruitdenkendes vanjaar erns moet maak met ekonomiese inisiatiewe en ekonomiese herposisionering, - wat ander nou ook al volgens hulle agendas doen of nie doen nie! Ek verduidelik vanoggend so onder die skadu van Ou Tafelberg vir Van Hunks dat kushandel aan die Weskus van Afrika moontlik is deur Banana aan die mond van die Kongorivier, verby tot by Matadi, dan per pad en spoor na Kinshasa en deur tot by Kisangani. Van daar per pad na Dar es Salaam. Klink my vriend Van Hunks is nog bietjie ouderwets en wil eerder wag vir beter dae. Is dit nou hoe ons gaan vordering maak deur 2022?