Sunday 21 August 2022

Slegte vrugte


Ahoy daar Christen vriende! Vroegdag kry ek vir Kaptein van Hunks op die kaai langs sy skip wat ook al begin roes daar in die Kaapse Hawe. Hy drink koffie, glo met 'n knertsie? Ons praat oor wanneer daar 'n internasionale grenspos by die Oranjerivier gaan wees, - soos Zim se splinternuwe en mooi grenspos by Beitbrug. Van Hunks vra my toe of ek dink die kerk is regtig beter as die losie? Ek meen toe ek ken net die kerk, maar dat ek bekommerd is want wat die kerke ookal leer sedert Konstantyn, het getroue lidmate al swakker gelaat. Die Christendom kon nie die Covid plandemie onderskei of effektief teenwerk nie. Die skade is gedoen. Selfs terwyl ons hier kommunikeer, gaan die onreg van Nuwe Ordes onverpoos en ongehinderd voort op talle terreine en vlakke terwyl Christene bloot gerieflik Christelik wil wees! Wanneer gaan die Kerk en Christene tot die Volle Evangelie en werke van geregtigheid kom, - terwyl brandstof en voedselpryse styg, misdaad en anargie toeneem, die ekonomie nie tot almal se voordeel strek nie en daar nou 'n plandemie teen die landbou sigbaar is? 



Tuesday 9 August 2022

Sit 'n tier in jou kas!


Ahoy daar landsgenote! Tydens ontbyt in die Kaapstad se hawe vanoggend praat ek met Kaptein Van Hunks. Hy het weer straf gerook saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek. Ek wonder of Van Hunks en die Duiwel dieselfde twak rook? Nietemin, - daar is glo nou nie Jungle Oats vir pap in die winkel nie? Glo iets met die Tiger Brand fabrieke en logistiek te doen, Daar is al in Junie vanjaar berig van 4 500 werksgeleenthede wat in gedrang is by Tiger Brands, - wat nog van SA se winkelrakke en jou en my spens? Dit het seker niks te doen met "Great Reset" voedselmanipulasie en internasionale eienaars soos Black Rock nie? Verstommend hoe voedselproduksie in die VSA skynbaar gesaboteur word en beeste net vrek? Hier in sonnige SA is almal glo darem nog houtgerus of in ontkenning. Dan het die hawe se kafeteria ook nou werklik baie duur geword! Mens wonder waar gaan alles eindig? Ons hou maar duim vas en hoop maar vir die beste. Alles sal darem seker van self regkom?