Monday 8 January 2018

Kaart en Kompas


Ahoy alle skippers en navigators! Om te kom waar ons wil wees, vanuit Europa na die Kaap, oor die Drakensberg na die ou Transvaal, of op pad na 'n Volkstaat, moet daar 'n plan of 'n kaart wees. Dit moet die regte en 'n geskikde kaart wees. Die nodige korreksies soos deur die Hidrograaf of die Kartograaf gepubliseer van tyd tot tyd, moet op datum op die kaart aangebring wees. Die veilige roete moet op die kaart aangedui word, met kennisname van rotse, vlak water, sterk seestrome, skeepswrakke, ligtorings elkeen met hulle eie spesifieke identifiseerbare ligseine, stormweerspatrone, en erkenbare landmerke (soos Tafelberg, as voorbeeld). Dan die kompas. Sou dit 'n magnetiese kompas wees moet die nodige kalibrasie vir Deviasie (skeepstruktuur invloed op die magnetiese naald) en Variasie (die aarde se magnetiese patrone se invloed op die kompas) inaggeneem word. Sou dit 'n giro- of tolkompas wees is daar ook 'n kompasfout wat met sonop en sononder (d.m.v. die son se azimut of peiling), waarnemings en berekening bepaal kan word, en korrek tydens navigasie toegepas moet word. Is die Afrikaner navigators op die reis na die Afrikaner Volkstaat, toegerus vir veilige navigasie na die regte bestemming? Navigeer ons self na ons bestemming of ry ons bloot saam na die bestemming wat ander voorhou? In die volgende skeepsjoernaal inskrywing kyk ons na die teleskoop en die verkyker.


No comments:

Post a Comment