Saturday 18 November 2023

Vassuig of Uitstuur?

 


 Ahoy daar Godsdienstiges! Die werke van die kerke bly my opval in gemeenskappe wat daagliks meer verval in ekonomiese afplatting, sosiale inploffing, etiese of morele bankrotskap, insekte op goedgekeurde lyste van protein-toevoeggings in vervaardigde voedsel, digitale IDs, plandemies wat op mens, dier en gewasse bewimpel word, klimaatmanipulasie, 'n oorlogmaakdrang en Christene wat GEEN verskil maak aan enige-iets hier op aarde nie! Dit is asof daar 'n vortex-tipe godsdiensgees is wat kerkgangers en lidmate in die kerkbanke afgetrek of in kerkgeboue ingesuig hou. Lam. Magteloos. Apaties. Kruipsugtig. Bybelongeletterd. Geestelik verblind. Van gener Koninkryk-bou waarde? Is die kerke en gemeentes nie die plekke van waarheid, dinamieka, verskilmaakende geloof in aksie en 'n middelpuntvlietende geesteskrag wat ware en wedergebore gelowiges uitwerp soos 'n vissersnet om siele te win en gemeenskappe te stig nie? Tans bly die wereldtelbord staan by Ongeregtigheid 10. Geregtigheid 0. Wanneer gaan die Christendom, kerke en geestelike leiers die verantwoordelikheid aanvaar om as onverskrokke en oortuigdende ambassadeurs van Jesus Christus van Nasaret op te tree, voordat verval. bedrog, korrupsie, oorlog, inhaaligheid en goddeloosheid sover vorder dat ons en ons kinders bloot slawe van onreg is en sal bly?



Thursday 10 August 2023

Kan die Kerk 'n verskil maak?

 Ahoy daar, heiliges! Dit gaan al slegter hier in Christelik-sonnige Suid Afrika! Inderdaad is die aanslag van ongeregtigheid besig om wereldwyd toe te neem. Vir diegene met 'n Bybelse wereldbeskouing bly die kerke 'n toevlug en troos. Miskien 'n geestelike ontsnappingsroete waar die Dominee of Pastoor of Reverend 'n soet boodskap en sagte profesie besig of die Woord baie selektief en "verteerbaar" oordra, om ore te streel en werklikhede te ignoreer terwyl lidmate desperaat in die kerkbanke gebou word ter wille van tiendes en salarisse om die kerk se tuine en Dominee se aftrede te sponsor. Maar kan ons so aanhou kerkhou sonder om 'n globale eendrag en Volle Evangelie vir geregtigheid tot stand te bring? Kan dit nog gebeur te midde van kerkgenoortskap-verskille, Christen onverdraagsaamhede jeens mekaar, gedurige godsdiens interpretasie verskille, gemeentes wat inplof sonder uitreik en Christene wat mekaar verorber? Net die Kerk kan wereldwye verval aanspreek! Is die Kerk in alle opsigte wat dit moet wees? Werklik-Skrifgerigde veiligheidzones wat reg en geregtigheid help bevorder, mense verstrek en fasiliteer in hulle gawes en talente as agente of eerder as dissipels vir gesonde verandering, sodat ons stigtelik kan handhaaf en hou? Indien nie, - hoe gaan Christene sake in SA, in Afrika en wereldwyd regstel? Wanneer?



Friday 14 July 2023

Tempelordes & Dissipels

Ahoy daar, kerkmense! Noudieoggend toe dit so koud was in die Kaap, sit ek by my verwarmer in my kajuit op my skip wat steeds wag vir 'n gesonder ekonomie en 'n volvrag wat weer 'n volle bemanning, voorrade en bunkers sou regverdig vir 'n handelsreis en goeie besigheid. Soggens vroeg in genade lees ek in die Bybel, - verskillende vertalings, - en hou stiltetyd. Voor ek weer vir Kaptein Van Hunks buite op die kaai raakloop en ek en hy weer veskil oor wat die Duiwel vir hom vertel as hulle saam pyprook op Duiwelspiek dat die rookwolkkombers so oor die berg hang. Maar ek dink toe tog terwyl ek in die Ou Testament lees oor Salemo se Tempel, en in die Nuwe Testament van Skrifgeleerdes, Fariseers en Saduseers in die Tempel wat met Jesus verskil het of twis gesoek het om Hom te kan aankla en gevange te neem, - oor die dinge wat Jesus Christus saam met Sy dissipels gedoen het, dikwels buite die mure van die Tempel of Sinagoges. Dtt tef my toe dat daar 'n groot verskil is tussen kerkordes en  godsdienstigheid en Jesus en Sy Dissipels, en Skrifgehoorsame handelinge. Kan dit wees dat Christen Suid-Afrika en die wereld skade ly omdat ons vasval in kerkordes, relegie en roetines, tradisies en konflikte? Ons leef nie die Woord nie! Ons is nie oorwinnaars in Christus Jesus, die lig, die waarheid en die lewe nie! Miskien is ek verkeerd?



Thursday 22 June 2023

Versoekings


Ahoy daar winter wesens! Dis nat in die Kaap. Selfs te nat vir Kaptein Van Hunks om op Duiwelspiek te sit en pyp rook saam met die Duiwel (wat nou volgens die kerke nie bestaan nie maar volgens die Bybel en getuienisse wel!) Vanoggend sien ek vir Kaptein van Hunks daar op die dek van sy skip hier in die Kaapse hawe. Party matrose meen daardie skip van Van Hunks is 'n spookskip. Ek vra toe vir Van Hunks so in my verbystap vir bietjie oefening, wat dink hy van versoekings. Van Hunks lag toe, en vertel dat min mense Jesus se voorbeeld volg om die Duiwel of Satan as Prins van Hierdie Wereld weg te wys in die voorbeeld van Mat 4:9. Van Hunks meen meeste buig maar die knie ter wille van aardse welvaart en "prosperity". Glo in en om die kerke ook! Red dan nou so 'n Christendom, - wat nog van die Kerk wat moet skyn as 'n stad op die berg en 'n lamp vir ander? Maar daar is die wat getuig dat gehoorsaamheid tot vooruitgang en welvaart lei.




Monday 22 May 2023

Die Duiwel is los

Ahoy daar SAners en Afrikaners! Vanoggend vroeg toe ek nog besig is om koffie te maak wil my kennis Kaptein van Hunks kom gesels. As hy so gretig is en my kajuit kom blou rook, dan weet ek hy en die Duiwel het op Duiwelspiek gesit en gesels gistraand. Nee reken Van Hunks, volgens die Duiwel word sy bestaan nou al meer deur die kerke ontken, so dit maak sy vuilwerk  meer gemaklik "incognito". Van Hunks reken die Duiwel dui aan dat meeste SAners wat as Christene voordoen nou al deeglik mislei is deur korrupte of halwe evangelies, of alternatiewe evangelies. Dis glo nou net 'n kwessie van tyd voordat ons almal oorompel word deur gesentraliseerde godsdiensbeheer voor 2030, beperkde vryhede, wetgewing van ongergetigheid, misdaad en alegehele gebrek aan moraliteit, tirannie en manipuilasie van voedsel, brandstof, geld d.m.v. digitale IDs, gifinspuiting, krag en water. Die Duiwel lag homself glo 'n papie van kwaadwillige lekkerkry, reken Van Hunks. Daar is glo niks meer lamsakkig in en om Suid Afrika as "Christene" nie. Dit nou net toe ek dag daar is hoop vir herlewing en 'n daadwerklike waarheidshervorming in die NG Kerk?



Saturday 15 April 2023

'n Hawe in die middel van Afrika!

 

Ahoy daar besigheidsmense en handelsvlote! Ek hoor aanmekaar hoe word daar gepraat en geskryf van die "Great Reset" en "4th Industrial Revolution". Maar het julle geweet dat Kisangani in die noord-ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo op die oewers van die Kongoriver, net duskant die ou "Stanley Falls", vier, ja 4, hawens het!? Daar is 'n vissershawe, 'n privaat handelshawe, 'n ONATRA passasiers en handels hawe en 'n spoorweghawe. Tog sukkel dit om Kisangani tot maksimum potensiaal as sentraal Afrika kommersieele en handelshawe spilpunt te ontwikkel. Die Kongorivier, vanaf die Atlantiese Oseaan tot by Matadi, kan kleinerige ("breakbulk") handelsskepe hanteer. Daar is geverifieerde spoor en pad verbinding tussen Matadi en Kinshasa. Vanaf Kinshasa is dit 1 734 km met die Kongorivier langs tot by Kisangani. Kisangani as "Commercial Hub Port" kan die AfCFTA (Africa Continental Free Trade Area) help bedien tussen CAR, Sudan, Tanzanie, Uganda, Ruanda, Burundi en verder! Die Kongorivier se lengte, en van die talle sytakke, bied sleephellings, hyskrane, skeepsbou persele en fabrieke, - waarvan baie net leegstaan! Nou noem ek vir my strawwe-roker kennis, Kaptein van Hunks, hier in die Kaapse Hawe dat daar miskien vir ons handelsdrywende werk en wins op die Kongorivier kon wees? Maar nou weet ek Van Hunks sal eers met die Duiwel wil gaan raadpleeg daar op Duiwelspiek sodat die gesamentlike pyprokery soos wolke op Tafelberg uitslaan!



Monday 20 March 2023

Finansies en Ko-operatiewe


 Ahoy daar geldverslaafdes! Hoewel ek soms ongemaklik voel in die tabakreukteenwoordigheid van my skeepvaartkennis Kaptein Van Hunks hier in die Kaapse hawe as skuilplek van hewige storms, vertel hy interessante stories. Veral as hy 'n stopsel saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek gaan rook het! Hy vertel my nou dat Malema bloot 'n betaalde moeilikheidmaker is. Sy bankstate vertel glo interessante stories. Daar is glo ander banksake besig om te gebreur tussen nou en Julie 2023! Dit kan nou vir party tot skade wees. Jammer dat van my volksgenote nie sedert 2012 begrip getoon het vir finansieele ko-operatiewe en landbousamewerkings wat aan die lede behoort en bates kan opbou nie. Ons is seker maar nog 'n jong en onervare ou volkie hier aan die Suidpunt van Afrika! Onkunde kom ons duur te staan.



Saturday 25 February 2023

Moedeloos of net Kragteloos?


 Ahoy daar by die opsitkers! Wat was daar in Suid Afrika voor kerse? Eskom! Verstommend hoe gedwee SAners maar die bewimpelde boelietegenieke en groeiende ongeretigehede rondom ons almal in die multi-kulti Nuwe (Orde) SA eenheidstaat aanvaar en steeds buk vir 'n "jab", ten spyte van soveel ontledings, ondersoeke, feite en waarheid tot ons beskikking? Kaptein van Hunks vertel dat hy deesdae minder pyp rook daar op Duiwelspiek. Twak is nou duur en die Duiwel saam met sy kleinseun Antichris, is glo besiger as ooit. Van Hunks wil sy vragskip hier in die Kaapse hawe verkoop. Die ekonomie het glo wereldwyd nou al te veel verval onder gemanipuleerde WEF agendas gemik op verarming en regime veranderings, ook in SA. Maar die kragteloosheid, sonder 'n etiese Eskom en skynbaar sonder God is toenemend tot die landsburgers en ekonomie se verlies. Onherstelbaar sou ek meen. Nou wonder 'n mens of wie nou ookal brutaal, ondeursigtig, ondemokraties, sonder deelname van "we, the people" en selfs nie-verteenwoordigend, tot die nuwe regering van SA meeding, enigsins die skade, verval, bedrog, korrupsie, gebrek aan nasionale moraliteit en elke aspek van regeringsagteruitgang aangespreek sal kan of wil kry?  Wat ons nodig het is vaardige herstel en onderhoudspanne op alle terreine en vlakke van die SA samelewing! Die kerke, - sonder God, Gebod, Bybels en Dissipels van Jesus (nie Tammuz), - blyk eweneens kragteloos te wees? Christene wag hande gevou, vir beter dae ...



Saturday 28 January 2023

Charlize is reg!


 Ahoy daar Afrikaanses! Vanoggend vroeg skrik ek wakker en besef Charlize is reg! Net 44 praat nog Afrikaans! Dit het seker iets te doen met die 144 000. Maar soos tyd aangestap het, - amper soos met Bybelvertalings, - water die taal skynbaar af? Vandag is Afrikaans as taal van min waarde, Taalmonument of Die Stempastorie Museum ten spyt! Waarom is dit my indruk? Omdat Afrikaans skynbaar nie plooibaar en relevant aanwendbaar is nie. Dit is 'n unieke taal, net aan die Suidpunt van Afrika, - maar dit stel nie die gebruiker in staat om te formuleer, defineer, te beplan, te bou, te oorwin, te handhaaf en te hou nie. "Leiers" wat hierdie taal besig toon geen kommunikasie of onderhandelingsvermoe wat al die ander wat ook die taal Afrikaans praat (of mompel), in hierdie ontstuimige tye tot oorwinning en prestasie lei nie! Afrikaans het 'n dooie taal van dooies geword.



Thursday 26 January 2023

Wat as ... ?

 

 

 

Ahoy daar enkele brawe Christene! Gister het die Loyds Register inspekteurs gestuur on na my en Van Hunks se skepe in die Kaapse Hawe te kom kyk. Die inspekteurs meen daar is te veel roes, hoewel ek verduidelik het dat goeie gehalte staalplate en goeie verf deesdae moeilik bekombaar is in Suid Afrika se gehawende ekonomie en swak hawedienste. Om in die donker binneboord of saans onderhoudswerk te probeer doen as die hawe se kragtoevoer af is (skeepskragopwekkers gebruik baie diesel), is ook 'n omslommernis wat ekstra onkoste, vertragings en oortyd teweegbring! Nou dink ek so na oor die verval in SA en die afvallighede wat wereldwyd opdoem. Niks is meer soos wat dit was nie! Tog word als maar gelate of kop in die sand aanvaar? Daar is net nie werklik eensgesinde optredes om dinge te help regstel nie, - of minstens op gesonde norme te laat gebeur nie. Maar wat as ons niks doen nie, of te vroeg ingryp, of te laat ingryp? Kan mens maar dinge net so laat begaan? Die skade, onreg en korrupsie word daagliks erger en kring al wyer uit!



Tuesday 10 January 2023

Wen ons die stryd?

Ahoy daar SAner, Christen en Afrikaner vriende. Vanoggend was ek verbaas dat Kaptein van Hunks en die Duiwel albei daar van Duiwelspiek-af op die kaai in die Kaapse hawe kom draai het om bietjie te gesels oor al die gebeure en al die kerke is SA. Die Duiwel reken die kerke en Christene maak geen verskil aan die toename van ondinge rondom ons in en buite SA nie! Daar is glo al te veel van die wereld in die kerk, ter wille van geld en status, terwyl die kerke, sinagoges en moskees almal in fel stryd met mekaar is. Volgens die Duiwel is baie "mooi dinge" en "goeie werke" eintlik uit sy koffers befonds. Nou weet ek nie so mooi nie. In die katkisasieklas het my Dominee destyds uitdruklik en publiek verkondig dat daardie kerk se leer die enigste en ware leer is ... hoewel ek noudiedag by 'n ander Christen kennis gehoor het dat net sy kerk reg is. Maar intussen word allerhande ongoddelikhede daar van die Wereld Ekonomiese Forum verkondig. Meer lees en bid, sluimer, slaap en hande vou of sagte kos en rusies sal alles seker eersdaags weer regstel?