Monday 18 July 2022

Waarheen nou?

 

Ahoy daar tandlose vriende! Die tyd stap aan en dit gaan slegter met meeste van ons. Dit lyk asof almal in leierskapsposisies hulle status misbruik om na hulself om te sien en die burgers van regte en middele te stroop? Die son skyn helder in hulle lewens. Gister gesels ek weer met Van Hunks. Ons skepe is nou al vir meer as twee jaar langs die kaai vasgemaak sonder vrag of handelsgeleenthede en die onderhoudslas kos geld. Erger nog is van die swaar industrie wat skeepsherstelwerk doen nie meer in SA beskikbaar nie! Brandstof en kragvoorsiening blyk onstabiel te wees en geldmarkte is onder druk saam met die bankwese en geldstelsels. Dit klink nie asof daar enig werklike planne of effektiewe samewerking is om weer orde en vooruitgang tot op grondvlak in SA te herstel nie? Almal is skynbaar doodtevrede met die omvang van die onreg?