Saturday 26 February 2022

Van die wal af in die sloot


 Ahoy daar lusteloses! Hoewel ek die twak gelos het sit ek noudiedag  weer met my vriend Van Hunks en gesels. Ons hou mos van gesels, al vergaan alles rondom ons. Van Hunks rook nog sy pyp gereeld saam met die duiwel daar op Duiwelspiek in die skadu van ou Tafelberg en die Kaap van Storms waar goede hoop glo nog effens flikker. Nou vertel Van Hunks ons gaan nog lank wag vir vrag en klaring voordat ons weer gaan seil en handeldryf. Die duiwel voorspel glo nog swaar tye want die Christene is nou heeltemal in 'n ontkennende koma terwyl werkers van doelgerigde ongeregtighede onverhinderd kwaad doen. Helfte van die Christene is glo nou al vol gif ingespuit en die res drentel lusteloos en rigtingloos rond! Die duiwel vertel glo dat die Plandemie baie goed gewerk het maar dat daar tog weerstand was wat nou die volgende fase vir nuwe ordes noodsaak. Die goeie nuus is dat naas die media se opstokery om 'n WW III te ontketen d.m.v dieselfde oorweldigende propagandategnieke en denkelose goedgelowiges wat die Plandemie bevorder het, sal "womens lib" en "equality" darem nou maak dat vrouens die oorlog as kanonvoer sal voer terwyl mans rondsit en kinders ontvoer, verhandel  of gemolesteer word. Nou ja, - hoe het ons tot hier gestagneer?


 


No comments:

Post a Comment