Friday 15 April 2022

Water op die Longe

 

Ahoy daar Oorblyfsels en Soekers na Waarheid! Vroegdag-al gesels ek met my skeepskapteinkennis, Van Hunks. Hy het glo jare terug al a.g.v. sy baie strawwe pyprookgewoonte saam met die Duiwel op Tafelberg, 'n vark se longe by 'n groot hospitaal in Kaapstad gekry waar hulle harte oorplant, - hoewel die hart wat jy kry glo nie noodwendig 'n hart vir Christus is nie. Meeste beskikbare harte in SA is blykbaar nou baie korrup, maar breinoorplantings sou nog meer probleme gegee het, meen ek. Van Hunks deel my mee dat ten spyte van nuwe longe het hy baie gesukkel om oor Covid-19 te kom. Glo iets met die roker se diafragma te doen. Nietemin, ons praat toe so oor soeke na waarheid, maar waarheid is nie 'n onderwerp waaroor Van Hunks graag gesels daar op die kaai van die hawe nie. Ek wonder toe wat doen mense met die waarheid as hulle die waarheid ontdek? Van Hunks vertel dat die Duiwel glo baie bly lag oor die "jab". Glo iets met slange en gif te doen, en met Christene sonder die skoene van bereidwilligheid wat nou nie op die slang se kop kan of wil trap nie? Ek dink nog dis beter op die groot waters van die oseane en verre horisonne met handeldryfgeleenthede. Om 'n skip in die hawe te hou dien geen doel nie. Groete aan al die landrotte.Passop net, - groot slange eet rotte!



No comments:

Post a Comment