Saturday 5 February 2022

Wet van die See en Wet van Transvaal


 Ahoy daar, landsburgers! Hier in my kajuit op die skip langs die kaai in die Kaapse hawe kyk ek nou so deur my boekrak. Skeepvaart, Internasionale Handel en Maritieme Reg is net so goed uitgespel as enige wette op land. Daar is talle regulasies vir veiligheid ter see, die opleiding van seelui, besoedeling, skeepseienaarskap, skeepshuur, eienaarskap van vrag en goedere, die vlag waaronder skepe geregistreer is, briewe van krediet en oorbetalings, veiligheid teen seerowery, navigasiestandaarde, haweregulasies, loodse en sleepbote, seemanskap en die vaarreels van die see asook passasiers en vraghantering. Maar aan wal lyk dit my is dit 'n heel ander saak. Dit is asof daar 'n totale wetteloosheid en goddeloosheid heers sodra jy by die hawe se hekke uitry! Almal, goot of klein, oud of jonk, moet nou glo een of ander onbeproefde gifinspuiting met aanvegbare of selfs fatale newe effekte kry voor jy mag eet, slaap, speel, koop, werk of reis - talle wette t.o.v. menseregte ten spyt! Erger nog, almal aan wal is skynbaar heel tevrede met die absurde toestand van sake want protes word dikwels geignoreer of gaan nie oor in tasbare of verskilmakende teenaksie nie? Argumente van ongeregtigheid oorrompel geregtigheid loshande. Werklik verstommend! 



No comments:

Post a Comment