Wednesday 14 September 2022

Die 6de Anneksasie


Ahoy daar almal wat in die duister gehou word! Eskom hou ons in die duister en dik vies, terwyl huishoudings, besighede en die ekonomie swaarkry. Glo met goeie redes. Is dit swak vooruitskouing, swak onderhoud, swak bestuur, swak regering, nat steenkool, ou kragstasies, veeleisende burgers, sabotasie, agendas of deel van Cecil John Rhodes se planne vir 'n Nuwe Wereld Orde? Dit lyk asof daar moontlik 'n 6de Anneksasie van SA sou kon plaasvind teen 2024. Dit is nou as 1795, 1806, 1910, 1961 en 1994 inaggeneem word en kon die Kaap uitsluit as sesessie plaasvind of anders verloop as minderhede die verantwoordelikheid vir selfbeskikking in afgewentelde rentmeesterskap verantwoordelikheid opneem. Kan SAners tot hul bestaansreg kom sonder groter en gedesentraliseerde selfbestuur, of is dit vir almal beter om aan die Kroon en 'n Nuwe Gemenebes van Nasies onderworpe te wees? Het kolonialisme en Rule Britannia werklik al tot 'n einde gekom, of is die ANC die beste antwoord op almal se verwagting? Wat het van die Boere-Afrikaners en die Boere Republieke geword? Ek en kaptein Van Hunks kon glad nie vanoggend 'n werkbare bestaansreg bestuurskonsensus formuleer nie, - en dit kos baie geld om skepe se kragopwekkers, met genoeg kapasiteit om 'n voorstad van ligte te voorsien, aanmekaar te laat hardloop omdat daar kort-kort nie elektirese kragvoorsiening aan wal beskikbaar is nie!



No comments:

Post a Comment