Sunday 29 May 2022

Handel in menslike organe


 Ahoy daar besigheidsmense in en om SA. Gesonde besigheid en industrie is besig om agter 'n waasige gordyn van aanvegbaarhede te verdwyn. Kom ons kyk bv. na staalsmelterye en groot staalwerke. Waar is dit heen? Hoe gaan onderhoud gedoen word aan groot staastrukture en skepe? Maar baie erger, as mens na dinge rondom ons kyk met 'n Christelike benadering, is die groeiende handel in menslike organe! Meer videos is besig om op te duik wat wys hoe mense in hospitale doodgemaak word en hoe hulle organe ge-oes word. China en minder gegoede lande is bekende sondebokke in hierdie verband. Dit lyk asof die al ryker-wordende elite en roofdierstate net glad nie meer skroom om die res van die mensdom uit te wis nie. Christene en die kerke blyk nie regtig enige verskil aan hierdie verval in moraliteit, etiek en geregtigheid te maak nie? Is dit waaroor die Vierde Industrieele Revolusie eintlik gaan? Brutale korrupsie!



No comments:

Post a Comment