Thursday 29 September 2022

Tiranne

 

Ahoy daar verdrukdes in Suid Afrika! Terwyl my vragskip besig is om langs die kaai te sink in die Kaapstadse Hawe (en ek en Kaptein van Hunks is inderdaad bly ons is nie in die Durbanse hawe nie!) a.g.v. gebrek aan onderhoudskundigheid in SA, swak hawebestuur en die verlies aan handeldrywende besigheidsgeleenthede sedert Maart 2020 in SA en internasionaal, praat ek en 'n Jesuite priester na wie Van Hunks my verwys het, gister so oor die nuwe tirannie wat algmeen voorkom in nasionale en wereld regering! Die Vatikaan en die Pous is glo druk besig, 24/7 365. Nou om een of ander rede slaag die Christendom, - en veral die Kerk, - glad nie daarin om groeiende onreg met geregtigheid te ewenaar en te oorkom nie? Die Magdeberg Belydenis en die "Doctrine of Lesser Magistrates" beteken skynbaar vir meeste "besorgdes" of Gereformeerdes net mooi niks of bitter min. Omdat ons dus nie tot eendrag en gedesentraliseerde regering van geregtigheid kom nie, word ons almal se skade al groter soos wat tirannie ongekend toeneem. Wanneer dan sal die Kerk besin en die Volle Wapenrusting teen regering in alle vorme van ongeregtigheid opneem? Is 'n enkele Christen stryder soos pastor Matt Trewhella in die VSA die enigste een tussen 2,5 biljoen Christene reg oor die wereld, - of het die APK en 'n paar ander in SA so iets saggies en bangerig gefluister? Die indruk is dat ons verdeelde apatie die oorsaak van ons almal se eie skade is hier in en om SA!



No comments:

Post a Comment