Friday 22 April 2022

Daar by die Klub


 Ahoy daar lede! Lyk my ons is almal lede van een of ander "lekker gevoel" klub. Gistraand besluit Van Hunks en ek ons gaan bietjie uit, want ons is moeg gewag vir die hol beloftes oor ekonomiese oplewing en vrag vir ons skepe. Van Hunks hou van die "Beach Club" of geen eet by die Losie, - en ek hou van die "Kerk Klub". Dis lekker want almal klop mekaar op die rug, skiet die ander klubs af of gesels om die hoekie, terwyl niks van al die groeiende onreg rondom ons almal tot verbetering verander nie. Die klubs se bestuur en hoofkantore in Hollywood en die Vatikaan is tevrede want hulle maak baie geld! Alles sal glo regkom. Maar nou weet ek nie vanoggend so mooi nie? Jan van Riebeeck het in 1652 hier aan die Kaap aangekom, net hier anderkant naby die Kasteel de Goede Hoop, - maar ten spyte van soveel jare se ondervinding en opbou geleentheid weet ek nie of die klubs regtig help nie? Moet ons nie ons tyd, talente en ledegeld anders aanwend nie?



1 comment:

  1. Misken is dit beter om gladnie aan 'n klub te behoort nie en net 'n vryskut te wees. Ek hou van die diaken Philippus se bediening in Handelinge 8 waar selfs die magtige towenaar Simon sy sonde kom belei het!

    ReplyDelete