Monday 23 July 2018

Bouwerke



Ahoy daar, vriende van Die Stem! Mooi strofes in die ou Volkslied, - soos om te handhaaf en te hou, en dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly. Ek onthou van seereise rondom Suid-Amerika, dat Chile ‘n gewelde ontwikkelingspad sedert die vroë 80s beleef het, en dinge is nie sit-sit-so, hetsy in die kerkbanke, sport paweljoene, TV gemakstoele, op die strand of in bloot skyn-belangrike politieke gestoeltes, bereik nie! Nou sien ek in die Groot Seevaart en Pelgims Handboek dat Nehemia, met die heropbou van gevalle mure en administrasie ten goede van die mense aan sy toesig in opdrag soos geroep toevertrou,  nie eers ‘n politieke party of nuwe kergenootskap gestig het nie. Nehemia het gewerk saam met die Koninkryksperspektief vir Volk en Kerk in die Raadsplan van die Lewende God. Meen iemand hier in die verbygaan op die kaai met die golwe en die wind wat waai, wynbottel in die hand, dat als tevergeefs is. Kan tog nie wees nie. Die Verbondskinders, verspreid soos ons is, moet tog in elke generasie begeesterd en in geregtigheid handhaaf en hou soos en waar geposisioneerd, - sodat die aardse en Koninkrykserwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly …



No comments:

Post a Comment