Wednesday 18 July 2018

Is daar iets te leer by Koning David?


Ahoy daar Voortrekkernasate! So op besoek aan Haifa, Jerusalem en Berg Karmel, sien ek baie gedenkwaardighede uit ou Israel. Nou verstaan ek nie as mense meen hulle is fisiese Israel of geestelike Israel, maar die norme van Israel beteken vir hulle niks? Of eenvoudiger gestel, Christenskap, of Bybelse leierskapsvoorbeelde en standaarde is nie deel van die leef en denkwyse, of die resultate rondom ons, nie. Dit lyk asof "leierskap" deesdae een of ander status is, met byvoordele, - maar dit gaan duidelik lankal nie meer daaroor om die gemeente of die gemeenskap en die volk as kudde te versorg nie. "Lord it over the people" lees ek iewers. (Daar is heelwat leestyd op die seereise.) Koning David van ouds het blykbaar goed gelei in die stryd (as ek nou lees van Goliat wat sy mense bedreig en getart het) en in die administrasie van die volk. Psalm 78 vers 72 dui aan: "En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande." In Spreuke 8 vers 15 en 16 word geskryf van wette van geregtigheid, en in Spreuke 11 van die gebrek aan leiding wat 'n nasie laat struikel. 'n Rebelse volk het baie leiers, meen Spreuke 28:2, en die regverdiges (leiers en volgelinge, elkeen soos geroep en toegerus) sal skyn soos die son meen ons Verlosser in Mat 13 vers 43. Maar nou ja, ek is maar 'n leke prediker ... soms op ver plekke. Mag dit wel wees met ons mense as ons ten volle gehoorsaam en prakties Skriftuurlik handel.


No comments:

Post a Comment