Monday 23 July 2018

Lig


Ahoy daar in die donker skadus van Afrika! Daar word gemeen dat in die land van die blindes is eenoog koning! Op die sewe oseane in vanmelewe se seevaartdae was die liggewende hemelligame wel gebruik vir navigasie in die dag en in die nag. Hoe lyk dit met ons sig hier in sonnige Suid-Afrika? Hier is glo diep gelowige Christene en 'n Geloftevolk onder al die kulture van hierdie mooi land. By watter lig (of die kragversaffer in SA se krag nou aan of af is) kyk, lees, leer en leef die wie as rentmeesters hierheen gelei is? In die Voortrekkermonument is daar 'n interessante uitbeelding van die draak se vuur wat met fakkels uitgedra word. Is dit dieselfde fakkels wat op soveel van ons trotse embleme pryk? Is dit dieselfde vals en beperkde lig van die sogenaamde Verligtes? Is ons op die regte pad, met die regte lig, om reg te skyn in en om SA? Watter lig word deur leiers in hierdie land nagevolg en voorgehou, - of loop ons mense blindelings agter vals dwaalligte aan tot selfvernietiging?


No comments:

Post a Comment