Monday 1 January 2024

Rentmeesters in 2024

Ahoy daar besorgdes! Ek het lanklaas met Kaptein van Hunks hier op die kaai onder ou Tafelberg gesels. Ons het albei intussen ons skepe bietjie oorgeverf en opgeknap, en ons laat nou ons hoofenjins versien. Vanoggend net na sonop, so op die Nuwejaar van 2024, noem ek vir Van Hunks wat altyd na pyprook ruik en die Duiwel goedpraat, dat ek besorgd is oor mense in Suid Afrika wat van beter weet maar sedert 1994 nie beter doen nie. Van Hunks reken daar is niks hoegenaamd om oor bekommerd te wees nie. Alles sal regkom, - want die Duiwel werk lankal reeds met 'n plan. Ek is nie so seker nie. Ek dink nie nog 'n jaar van rentmeesters wat heeldag rondsit op sosiale media, of godsdiensgeeste as 'n ontsnappingsroete gebruik of verdeelthede instandhou, gaan die rentmeesterskapwerk en verantwoordelikheid wat tans duidelik tekortskiet, oorbrug nie. My pleidooi is dat ons met "holistiese" visie, 'n groter perspektief en 'n doelmatige sinergie sal moet bewerk. Daar gaan myns insiens baie beter struktuur, samewerking en visie in praktyd gerealiseer moet word. Elke Vryburger en elke kerklidmaat 'n bondgenoot van geregtigheid en geloof in aksie. Voorwaarts!



No comments:

Post a Comment