Saturday 13 January 2024

Grof en Onbeskof

 

Ahoy daar, behoudende volksgenote! Vandag wil ek asb. beswaar aanteken. 'n Godvresende, Bloedgewasde Geloftevolk kan tog seker nie 'n vloekende, swetsende volk wees nie? Waarom 85 000 of meer kerke, bedienings en Christen organisasies in sonnige SA geen oortuigende verskil maak aan die Totale Aanslag van ongeregtigheid teen ons land, die Westerse beskawing, bankes en Afrikaners nie, is onduidelik. Maar daar is diegene wat verdienstelik beswaar maak en protesteer teen onreg, maar hulle frustrasie is blykbaar so groot oor die apatie wat ons in hierdie wereldse gemors en moeras van onreg laat, dat hulle moet vloek, swets en woes beduie. Wat die hart van vol is loop die mond van oor. (Die Bybel leer dat "the heart is the wellspring of life.") In wie se geregtigheid probeer ons die talle probleme rondom ons aanspreek? Eiesinnige eiegeregtigheid of God se Gebod en God se Geregtigheid? Die Lewende God het 'n standaard. Jesus Christus en die Bybel spel die werkwyse, leefstyl en vrug van die Christen uit. Ons kan nie onreg met onreg aanspreek nie. Dit maak dit ook moeilik en ongemaklik in die Christen milieu om besware, protes en idees te netwerk as die outeur of voorspraakmakers vloek of onwelvoeglik manifesteer. Self kan ek as matroos getuig dat om rook, drink, vloek en ander dinge van die vlees in eie krag af te sweer, baie moeiik is. Soveel van ons mense, - veral ook ons Afrikaner vrouens en van ons kinders, - vloek opmerklik baie. Volksgenote, ons moet die moraliteit van God en Gebod en die Bybel so op die hart dra dat ons doen en late die etiek van 'n Christen as voorbeeld en inspirasie kan uitdra. "What would Jesus do?" Maar ek het begrip vir die groot frustrasie oor ongeregtigheid rondom ons. 'n Gevrekde Volk, 'n gevrekde Kerk en  uiters gefrustreerde Christen mense sleep ons al dieper in die groeiende gemors in!



No comments:

Post a Comment