Saturday 18 November 2023

Vassuig of Uitstuur?

 


 Ahoy daar Godsdienstiges! Die werke van die kerke bly my opval in gemeenskappe wat daagliks meer verval in ekonomiese afplatting, sosiale inploffing, etiese of morele bankrotskap, insekte op goedgekeurde lyste van protein-toevoeggings in vervaardigde voedsel, digitale IDs, plandemies wat op mens, dier en gewasse bewimpel word, klimaatmanipulasie, 'n oorlogmaakdrang en Christene wat GEEN verskil maak aan enige-iets hier op aarde nie! Dit is asof daar 'n vortex-tipe godsdiensgees is wat kerkgangers en lidmate in die kerkbanke afgetrek of in kerkgeboue ingesuig hou. Lam. Magteloos. Apaties. Kruipsugtig. Bybelongeletterd. Geestelik verblind. Van gener Koninkryk-bou waarde? Is die kerke en gemeentes nie die plekke van waarheid, dinamieka, verskilmaakende geloof in aksie en 'n middelpuntvlietende geesteskrag wat ware en wedergebore gelowiges uitwerp soos 'n vissersnet om siele te win en gemeenskappe te stig nie? Tans bly die wereldtelbord staan by Ongeregtigheid 10. Geregtigheid 0. Wanneer gaan die Christendom, kerke en geestelike leiers die verantwoordelikheid aanvaar om as onverskrokke en oortuigdende ambassadeurs van Jesus Christus van Nasaret op te tree, voordat verval. bedrog, korrupsie, oorlog, inhaaligheid en goddeloosheid sover vorder dat ons en ons kinders bloot slawe van onreg is en sal bly?



No comments:

Post a Comment