Friday 17 July 2020

Ekonomiese Uitklophou of Kophou?





Ahoy daar politieke Christene! Besigheid is stil en die skip word nog gelaai in die Kaapse hawe. Nou hoor ek in die strate van Suid-Afrika van die ekonomiese uitklophou. Glo regerings wêreldwyd wat ‘n nuwe bewimpelde internasionale ekonomie wil skep. Ek dink Albert Pike het geskryf van nuwe dinge uit chaos skep, maar dit is God se werk, nie die van amateurgodjies nie! Wat sal Neptunis in die diepsee nou daarvan dink? Die groot ekonomiese uitklophou waar die rykes super-ryk is, die grondvlak by die biljoene kripeer en afsterf, en die middelklas as ruggraat van enige gemeenskap en ekonomie òf op òf af getrek is, is glo om die draai terwyl Christene bewerig hande wring en kerkleiers die tiendes tel. Politieke leiers met ‘n morele skeepskompas is daar ongelukkig nie een van te vinde sedert die Anglo-Boereoorloë nie. Nou, ja … so is ons nou na jare weer terug by die Kaap van Storms. Vreemd hoe die ou lewe hier aan wal werk, nê? Geen wonder dat die skeepsvrag so bitter stadig inkom nie!


No comments:

Post a Comment