Ahoy daar mede-onderpresteerders! Dit gaan hier nou weer oor Christene wat onderpresteer terwyl Nuwe Ordes uitblink in hul dryfkrag om wereldwyd onreg teweeg te bring. Ons ken die Kaapse verhaal van Kaptein Jan van Hunks wat 'n pyprookkompetisie en weddenskap met die Duiwel op Tafelberg aangegaan het, en dat die twee toe so pyp gerook het dat 'n wolkekombers steeds soms oor Tafelberg hang! Soms gesels ek met Van Hunks daar op die kaai in die Kaapse Hawe, daar langs ons skepe wat wag vir vrag in 'n ekonomie wat internasionaal gemanipuleer word. Net vanoggend vertel Van Hunks weer vir my dat ek darem veels te bekommerd is oor ons mense in die kerkbanke wat hoegenaamd geen verskil maak aan die verval rondom ons nie. Hulle is getrou godsdienstig, meen Van Hunks. Die Duiwel reken glo dat dit 'n baie goeie ding is dat soveel Christene in die kerkbanke (bly) sit. Maar ek het weer gaan nadink toe Van Hunks my vertel dat hy eers weer nog tabak sal moet gaan kry, want sy kompetisie met die duiwel is steeds aan die gang. Zimbabwe het glo eens op 'n tyd baie tabak gelewer. Waarom het Christene in die ou Rhodesie en die Ou Suid-Afrika ekonomies so goed presteer? So ook in die "ou Weste". Europa, die VK, VSA, NZ, AU, Kanada en Duits-Wes. Want Christene het hard gewerk. Hulle het as verantwoordelike rentmeesters vir ses dae van die week al hulle werk gedoen! Daar is deesdae ook 'n ander faktor wat moontlik 'n oorsaak is van geloof sonder werke. Wereldbeskouing! Ons Christene hou nie meer God sentraal nie. Ook nie vir Jesus Christus as Koning op die troon van ons lewe nie! Ons handhaaf nie meer die Tien Gebooie op die tafels van ons harte nie en hou nie meer als wat in die Bybel as die Woord van God staan, as die standaard, riglyn en maatstaf vir ons denke, besluite en optrede nie. Elke lering onder die son oorweldig ons, terwyl ons apaties toekyk hoe onreg die groterwordende botoon voer rondom ons. Hoe gaan ons maak om effektief by herlewing, herstel en Koninkrykprestasie uit te kom? Spoedig! Geloof sonder werke is dood!
No comments:
Post a Comment